marilyn monroe
Het jy gehoor?

5 kontroversiële en ikoniese tydskrifvoorblaaie

E News! het ’n lys van tydskrifvoorblaaie wat oor die jare die wenkbroue laat lig het, saamgestel.

Hier is ons top-5:

1. Aktrise Marilyn Monroe op Playboy se heel eerste voorblad in 1953.

marilyn monroe

2. Bokser Muhammad Ali op ’n Esquire-voorblad van 1968. Hy is van sy titels gestroop toe hy, weens sy geloof, geweier het om by die Amerikaanse weermag aan te sluit. Dié voorblad was ’n reaksie daarop.

Muhammad Ali

3. Die Beatles se John Lennon en sy vrou,Yoko Ono, op ’n Rolling Stone-voorblad van 1980. John is 12 uur ná die foto geneem is, doodgeskiet.

John Lennon

4. Aktrise Demi Moore op die voorblad van Vanity Fair (1991) word gesien as ’n simbool van vrouebemagtiging. Om kaal te poseer is één ding, maar om dit te doen terwyl jy swánger is, is ’n heel ander storie – veral twee dekades gelede.

demi moore

5. Sosiale media was vroeër dié maand behoorlik aan die gons. Almal het gepraat (en praat steeds) oor Caitlyn Jenner, voorheen bekend as Bruce Jenner, wat op die Julie-uitgawe van Vanity Fair verskyn.

FOTO: Annie Leibovitz

FOTO: Annie Leibovitz

Sien volledige lys HIER.

Bron: E News!

Lees nou