FOTO: Instagram  luudohoanganh

FOTO: Instagram luudohoanganh

Het jy gehoor?

5 reëls waarby fikse mense hou

Ons begin altyd in volle vaart met ons nuutste oefenplan en glo dat ons dié keer gaan volhou en ons fiksheidsdoelwitte gaan bereik. Maar iewers langs die pad verloor ons ywer en motivering. Die persoonlike afrigter Joel Harper het al talle mense (selfs Olimpiese atlete!) gehelp om hul fiksheidsdoelwitte te bereik. Volgens hom gaan sukses oor jou houding, skryf hy in sy nuwe boek Mind Your Body.

Health.com het 10 van Joel se wenke gedeel om by jou oefenroetine te hou. SARIE.com het 5 gekies wat ons glo sal jou motiveer.

1. Ignoreer die geraas

‘Geraas’ vir Joel beteken die konstante negatiewe gedagtes wat deur jou kop maal. Hy sê dit is jou grootste uitdaging om te leer om dít te ignoreer en te fokus op ’n positiewe denkwyse.

2. Hare op jou tande

Jy het daagliks vaste voornemens en passie nodig om jou langtermyndoelwitte te bereik. Groei maar sommer ekstra hare op jou tande en wees konsekwent met jou oefening, beveel Joel aan.

Fokus ook op die dinge wat jou motiveer – of dit nou is oor hoe goed jy voel ná jou oefensessie of om te droom oor jou ferm agterstewe.

3. Vermy keuses

As jy daagliks moet kies wat om te eet, gaan jou wilskrag een of ander tyd ingee. Moenie vir jouself die keuse gee om te kies tussen ’n sjokolade croissant en hawermout nie. Die geheim? Beplan jou maaltye vooruit – en hou daarby.

4. Van uitstel kom …

Moenie dinge uitstel nie. ‘Ek gaan my oefensessie vanoggend mis en vanaand gaan …’ ‘Ek gaan môre begin met my dieet.’ Van uitstel kom afstel. Hou by jou plan en begin dadelik.

5. Vier jou suksesse

Joel sê dis baie belangrik om jou sukses te vier – al is dit net klein doelwitte wat jy bereik het. Gee vir jouself ’n beloning, maar dit moet iets gesond wees, soos ’n massering.

Lees die ander 5 wenke HIER

VIDEO: Joel Harper se 3 minute-oefensessie


Bron: Health.com

Lees ook