FOTO: Die omslag van hul album, Beatles For Sale (1964)

FOTO: Die omslag van hul album, Beatles For Sale (1964)

Het jy gehoor?

50 jaar van die Beatles

Dié naweek is dit 50 jaar sedert die Beatles hul eerste verskyning op die Amerikaanse TV-program The Ed Sullivan Show in New York gemaak het.

So skryf Vogue oor die groep wat vanjaar 54 jaar oud sou wees. Dit is ná hul vertoning op The Ed Sullivan Show dat die Beatles se roem ook vlamgevat het in Amerika. Kort voor lanks was die rockgroep een van die wêreld se grootstes.

Die aand wat hulle op Ed Sullivan se program was, het die kamera op elk van die groeplede gefokus. Toe John Lennon afgeneem is, het die boodskap “Jammer meisies, hy’s getroud,” ook op die TV-skerm verskyn.

En so het die Beatle-obsessie begin. Vandag vier ons 50 jaar van Beatle-obsessiewe gedrag met ons vyf gunsteling-liedere deur dié groep.

“I Want to Hold Your Hand”

“Let It Be”

“Here Comes the Sun”

“Ob-La-Di, Ob-La-Da”

“All You Need Is Love”

WAT IS JOU GUNSTELING-TREFFER DEUR DIE BEATLES? Los kommentaar onderaan dié artikel of deel dit met ons op ons Facebook- of Twitter-blad!