SKERMGREEP YouTube

SKERMGREEP YouTube

Het jy gehoor?

6 bekende liedjies wat eintlik ‘covers’ is

Het jy geweet dié liedjies is nie oorspronklik gesing deur die kunstenaars wat dit bekend gemaak het nie?

1. “Girls Just Wanna Have Fun” – Cyndi Lauper

Ná Cyndi het Miley Cyrus dié liedjie aan ’n nuwe generasie bekend gestel, maar min mense weet dis in 1979 geskryf en opgeneem deur ’n man, ene Robert Hazard. Jy kan sy weergawe HIER luister en maar self besluit wie s’n die beste is.

2. “Jy’s vir my” – Rina Hugo

Wat jy dalk nie besef het nie, is hoe baie Eurovision-liedjies deur Afrikaanse kunstenaars opgeneem word. Dié kompetisie tussen die 56 lande wat deel uitmaak van die Europese Uitsaai-unie, word al sedert 1956 aangebied. Elke land kies ’n lied wat dan regstreeks oor televisie en radio uitgesaai word, waarna die gewildste een deur ’n stemproses bepaal word.

Een van die Eurovision-liedjies wat in Afrikaans vertaal is, is Rina Hugo se “Jy’s vir my”. Dié liedjie was Spanje se inskrywing in 1973 met die naam “Eres Tú”.

3. “Don’t Cha” – Pussycat Dolls, Busta Rhymes

Was daar enige partytjie in 2005 waar hierdie liedjie nié gespeel is nie? Maar “Don’t Cha” is reeds in 2004 deur die relatief onbekende sangeres Tori Alamaze opgeneem. Nadat sy weg is van die platemaatskappy Universal Records, is die liedjie vir die Pussycat Dolls gegee.

4. Gé Korsten, Jannie Moolman en Eden – “Ek hou van jou”

Drie groot Afrikaanse kunstenaars, Gé Korsten, Jannie Moolman en Eden, het Nederland se Eurovision-inskrywing van 1984, “Ik hou van jou”, vertaal en gesing as “Ek hou van jou”. Hierbo is Gé Korsten se weergawe.

5. “I Will Always Love You” – Whitney Houston

Die bekende liedjie uit die fliek The Bodyguard (1992) is reeds in 1974 deur Dolly Parton opgeneem!

6.My Prerogative” – Britney Spears

My Prerogative” was oorspronklik Bobby Brown se liedjie en is die eerste keer in 1988 opgeneem. Britney se weergawe klink baie anders en van die lirieke is verander om vanuit ’n vrou se perspektief te sing.

Bronne: EurovisionEscunited en Buzz Feed

Lees nou

Willem Botha maak geskiedenis op Europese verhoog

NUWE VIDEO: Joshua na die Reën se nuutste musiekvideo

Karlien sing oor liefde