FOTO: Facebook Amor Vittone

FOTO: Facebook Amor Vittone

Het jy gehoor?

6 bekende ma’s en dogters wat na mekaar lyk

Dié dogters is die spieëlbeeld van hul ma’s.

Meryl Streep en Mamie Gummer

Die gewilde aktrise Meryl Streep se 31-jarige dogter, Mamie, volg in haar bekroonde ma se voetspore en is ook ’n aktrise.

In 2007 het Mamie die jonger weergawe van haar ma se karakter in Evening vertolk. Sy het ook in die TV-reekse Off the Map en The Good Wife gespeel.

FOTO: Instagram @merylstreep

FOTO: Instagram @merylstreep

Amor Vittone en Kylie van der Westhuizen

Kylie lyk soos die jonger weergawe van haar sangeres-ma, Amor.

FOTO: Facebook Amor Vittone

FOTO: Facebook Amor Vittone

Cindy Crawford en Kaia Jordan Gerber

Die 13-jarige Kaia het duidelik haar model-ma se kenmerkende rooibruin hare en groot oë geërf. En Cindy dink ook so!

Sy het hierdie foto gedeel om die ooreenkomste uit te wys.

Tana Ferreira en Marieta Ferreira

SARIE se tweede voorbladgesig-wenner, Tana Ferreira, en haar ma lyk op ’n blonde haar na mekaar.

FOTO: Facebook Tana Ferreira

FOTO: Facebook Tana Ferreira

Selena Gomez en Mandy Teefey

Die 22-jarige aktrise en sanger se ma, Mandy, was ’n teater-aktrise. Deesdae is Mandy, wat vir Selena op 16-jarige ouderdom gekry het, ’n filmvervaardiger en -regisseur. Mandy het ook Selena se loopbaan vir ’n ruk bestuur.

Kim Kardashian en Kris Jenner

Nog ’n ma wat al haar eenders lykende dogter, Kim Kardashian, se beroep bestuur het, is Kris Jenner. Kris, die ma van vyf ander kinders, het saam met haar gesin beroemdheid geniet nadat hul realiteitsprogram, Keep up with the Kardashians, in 2007 begin het.

FOTO: Instagram  @krisjenner

FOTO: Instagram @krisjenner

Kim en haar man, Kanye West, het intussen ’n dogter van hul eie gekry, die 17 maande oue North West.

FOTO: Instagram @kimkardashian

FOTO: Instagram @kimkardashian

Lees ook