SKERMGREEP: YouTube

SKERMGREEP: YouTube

Het jy gehoor?

6 Grace Kelly-troufoto’s ontdek!

Grace Kelly, die Oscar-wenner en styl-ikoon, se sprokiestroue met wyle prins Rainier III van Monaco het dié week aandag getrek. Sestig jaar gelede, op 18 April 1956, het Grace en Rainier getrou. En nóú is ses foto’s wat nog nooit voorheen gesien is nie, gepubliseer.

Die paartjie het twee seremonies gehad, ’n private een in die Pienk Paleis en ’n openbare een in die Sint Nikolaas-katedraal. Meer as 30 miljoen mense het die troue regstreeks op TV gekyk.

Prinses Grace se trourok is deur die Hollywoodse kostuum-ontwerper Helen Rose ontwerp. Die rok het daardie jaar talle bruide inspireer. En in 2011 was dié rok die inspirasie vir die hertogin van Cambridge, Kate Middleton, se trourok.

6 pragtige foto’s van prinses Grace se groot dag

Die paartjie was vir 26 jaar getroud en het drie kinders gehad, prinses Caroline, prins Albert en prinses Stéphanie.

Sy het in 1982 weens beserings in ’n motorongeluk beswyk.

Hier’s ’n ou video van prinses Grace se troue

Bronne: Vogue, Glamour

Lees nou