Het jy gehoor?

60 jaar oue Kirstie Alley lyk 20 jaar jonger!

Die maerder Kirstie het die gehoor in ‘n treffende skepping in kobaltblou ge-wow – dié trendkleur van die seisoen – toe sy Dinsdag (13 September) vir die Maleisiese mode-ontwerper op die loopplank verskyn het. Die gehoor het haar én Zang Toi met ‘n staande ovasie in die volgepakte The Studio by die Lincoln-sentrum gegroet.

Kort voor haar verskyning het sy opgewonde getwiet: ‘Waaaa Hooooo!!! Kitty is ready to walk the Cat!!! DONT make me laugh! Gotta keep model face. Oh, who am I kidding?? Haha,”

Haar blonde haredos is in ‘n elegante byekorf-styl opgeneem met smeulende ooggrimering in skakerings van blou.

Ons is trots op jou Kirstie!

  • Tammy

    SJOEEEE! Sy lyk fantasties…

  • Dale Niehuas

    Liewe goeie heiland van my!!!!!!!! Dis verdomp ongelooflik!!!! Sy lyk soos n million dollars – sy skop sand in enige super model se oe!!!!

  • Janice Pienaar

    Whow!!! Nog altyd gedink sy is pragtig!

  • Silvi

    Sy lyk baie goed!- bly maar n mooi vrou!

  • Janine

    SJOE!!! Wat is haar geheim? Sy lyk fantasties en jare jonger!