Het jy gehoor?

7 Junie: Dié week in foto’s

Al die nuwe ma’s!

Swanger is die nuwe swart, soos wat dit nou lyk! Dis Kate, Halle Berry, Penélope Cruz (wat dalk die oudste Bond-meisie nóg kan wees!), Kim Kardashian, Jessica Simpson, Fergie, Ivanka Trump (dogter van Donald Trump) en ons eie Minki van der Westhuizen en Zolani Mahola (van Freshlyground) (foto onder). En hierdie week het ons gehoor die Oscar-bekroonde aktrise Kate Winslet en die 34-jarige Jennifer Love Hewitt is ook swanger!

Miniki van der WesthuizenZolani

Ag, maar wat om aan te trek tydens dié spesiale tyd, is maar altyd ‘n gelol. Lees wat het SARIE se styl- en sosiale redakteur, Fanie Cronjé, hieroor te sê. Een swanger mamma wat nooit terleurstel nie, is die hertogin van Cambridge (foto onder). Sy het weer bewys sy kan nie ‘n modevoet verkeerd sit nie. Sy het stylvol én gelukkig gelyk by ‘n geleentheide ter viering van koningin Elizabeth se 60 jaar op die troon.

Ander Suid-Afrikaanse celebs wat dalk binnekort ‘n pienkvoet in die omtrek kan hê, is Karlien van Jaarsveld en Derick Hougaard. Karlien het in ‘n onderhoud met sarie.com gesê sy “sien verskriklik uit om kinders te kry … Ons keer nie eintlik nie. Ek sal baie gelukkig wees as daar iets gebeur.”

Karlien van JaarsveldKarlien en Derick

FOTO LINKS: Karlien pas haar broer, Bobby van Jaarsveld, se seun Sion op. REGS: Karlien en Derick op hul troudag vroeër vanjaar.

Hoewel Kurt Darren en Dunay nog niks wil bekendmaak nie, het Kurt onlangs vlugtig aan ons genoem as hy eendag ‘n baba het, dat hy hom of haar báie mooi sal oppas. Kurt het baie ander opwindende nuus met ons gedeel: hy gaan binnkort sy eie app en wyn bekendstel én sy nuutste CD uitbring … praat van ‘n besige man!

Kurt Darren

FOTO: Kurt Darren en sy nuwe app in samewerking met Media24 Digitale Tydskrifte gaan binnekort beskikbaar wees.

Ander ouers wat baie trots is op hul kinders is die Bok-kaptein, Jean de Villiers (foto onder). Hy praat oor 18-maande oue Layli én verklap of hy doeke kan omruil en bottels kan voorberei.

Jean de Villiers

Victoria Beckham is die week aangewys as die Britse glanstydskrif, Glamour, se Vrou van die Dekade. Becks was nie aan haar sy nie, maar hul 14-jarige seun, Brooklyn, het haar vergesel. Sy het na hom verwys as die “aantreklikste man in die kamer”.

Victoria Beckham

Feesviering!

Die model Heidi Klum, wat met die Suid-Afrikaner Martin Kristen uitgaan, het oor die naweek haar 40ste verjaarsdag met ‘n hoedpartytjie (foto onder) gevier!

Heidi KlumHeidi KlumHeidi Klum

FOTO BO: Heidi se vier kinders het hul ma met ’n spesiale geskenk bederf – vier spesiaal versierde afbeeldings van hul hande in ‘n spesiale raam.

Dié jaar is groot feesvier onder die Britte. Koningin Elizabeth vier haar 60ste jaar op die troon. Lees hier 8 baie interessante goed wat jy nie van haar kroning geweet het nie!

Queen ElizabethKoningin Elizabeth

Nigella Lawson glo daarin om die lewe te vier! Lees hier haar 8 ‘bestes’.

Nigella LawsonLeonardo DiCaprio

FOTO LINKS: Nigella Lawson: “Ek wil myself verlustig in die luuksheid van rustigheid.” REGS: Leonardo DiCaprio.

Opwindende nuus vir die Suid-Afrikaanse boek- en filmbedryf is dié naweek aangekondig. Leonardo DiCaprio het die filmregte bekom vir die fiksie-skrywer Lauren Beukes se nuutste boek, The Shining Girls.

Vier met kos

SARIE-kosredakteur, Herman Lensing, hou ‘n kosdemonstrasie by Van Loveren Wyne by die Wacky Wine Weekend in die Robertsonvallei. 

Herman LensingWacky WineWacky Wine

[box:full:red:both]

Nóg kos-nuus:

Die Nataniël Tafel is terugv van 16 Julie af! Kyk die skreeusnaakse video van die media-bekendstelling in Kaapstad hier.

Ons het ‘n nuwe blog van ons klits-en-klets-kok. Sy praat oor trooskos en gee lekker resepte!

Mariza van BeterEet™ het hierdie week gesels oor hoekom ons soms nie kan ‘nee’ sê vir daai stukkie sjokolade nie – en dit het niks met wilskrag te doen nie! Dit is ook ons voorlaaste week van ons Een Nommer Kleiner-leefstylprogram. Volgende week staan een gelukkige leser wat dié leefstylprogram gevolg het die kans om R2 500 se klere van die SARIE-winkel te wen!

Ons het die 10 lekkerste sop resepte en die 9 beste bredies (+ lekker kluitjies vir daarby) vir jou uitgesoek uit die SARIE argiewe.

[/box]

Nóg op sarie.com dié week

Schalk Burger: “My mense was baie, baie bekommerd”
Wêreld kyk hoe Suid-Afrikaners braai in televisiereeks
Binneland se Delia: Wat het aktrise Odelle de Wet en haar “kwaai” karakter gemeen?