Voorbladgesig vbg
Het jy gehoor?

7 Redes om deel te neem aan SARIE Voorbladgesig van die Jaar 2015

SARIE Voorbladgesig van die Jaar 2015 in samewerking met Schwarzkopf se jaarlikse soektog na ’n leser om ons volgende voorbladgesig te wees, het weer afgeskop. Hier is 7 redes waarom jy aan dié veldtog moet deelneem!

  1. Hierdie is nie ’n gewone skoonheidskompetisie nie. Ons soek ’n voorblad wat ons lesers boei. ’n Gesig wat mense dwing om te kyk – en weer te kyk.

  2. Jy het die geleentheid om duisende vroue te inspireer.

  3. Wie nie waag nie, wen nie.

  4. As jy in die verlede ingeskryf het en jy skryf weer in, kom jy in aanmerking vir ekstra pryse van ons borge.

  5. As jy op ons voorblad verskyn, het jy iets gemeen met mense soos Anna-Mart van der Merwe, Leandie du Randt, Nataniël en selfs Richard Gere wat al op SARIE se voorblaaie gepronk het.

  6. Ouderdom tel nie teen jou nie. Die enigste ouderdomsbeperking is dat jy ouer as 18 moet wees op 30 Oktober 2015.

  7. Jy kan op die grootste vrouetydskrif in Suid-Afrika se voorblad pronk én boonop R50 000 ryker wees!

Skryf hier in: http://voorbladgesig.sarie.com/

Deel jou profiel met jou familie en vriende op sosiale media – die 4 inskrywings met die meeste stemme vorm outomaties deel van ons top-40 semifinaliste.

Sosiale media

Ons hashtag vir vanjaar se veldtog is #SARIEvbg

Volg ons op Facebook (SARIE Tydskrif) en @SARIEtydskrif op Twitter en Instagram vir die nuutste oor dié veldtog.

Ons vorige SARIE Voorbladgesig-wenners

Ons vorige SARIE Voorbladgesig-wenners