unicode-9-emojis-emojipedia (1)
Het jy gehoor?

72 nuwe emoji’s beskikbaar!

Gister het die wêreld 72 nuwe emoji’s ryker geword. Nou is daar ’n dansende man om te pas by ons rooirokvrou en ’n avokado om die slaai-bak te voltooi.

Daar is ook ’n emoji van ’n swanger vrou, byna al die sportsoorte wat by die Olimpiese Spele is (asook medaljes) – en spesiaal een wat ’n selfie neem.

unicode-9-emojis-emojipedia (1)

 

Wanneer kan ek dit kry?

Dit is gister deur Unicode goedgekeur en bekendgestel, maar dit beteken nie dit is dadelik op ons fone beskikbaar nie. Diensverskaffers soos Apple, Google en Microsoft moet dit eers nou in hulle sagteware korporeer.

Hopelik as jy volgende keer jou foon se sagteware opgradeer, wag daar 72 nuwe emoji’s vir jou! Só lyk dit:

Lees meer HIER

Lees nou

Joga – beter as wat jy dink

Janez Vermeiren se waarskuwing aan ouers

Kyk hoe lyk Bindi Irwin nou!