Jacques Blignaut
Het jy gehoor?

7de Laan-akteur weer pa!

Jacques Blignaut, wat Vince speel in 7de Laan, het gisteroggend sy seuntjie verwelkom!

Die pa van twee dogtertjies is verheug oor sy eerste seun.

Klein Raphael Jacques Blignaut is gister om 08:17 in Johannesburg gebore, en is 50 cm lank en weeg 3,44 kg. Dit gaan goed met ma Melanie en die seuntjie.

Jacques en sy vrou is reeds die ouers van twee dogtertjies, Angelique (5) en Emmanuelle (3). In ’n huis vol vroue is Jacques verheug dat daar nou nog ’n man in die huishouding is:

“Ek is nou al hoe lank ’n dogtertjie-pa, en nou gaan ek weer gewoond moet raak daaraan om met karretjies en rugbyballe te speel. Ek sien baie uit!”

- Jacques Blignaut

Verskaf aan SARIE.com

FOTO verskaf aan SARIE.com

Lees nou

7de Laan: Wie’s weg en wie bly?

Kyk watter voormalige 7de Laan-aktrise is swanger! 

EKSKLUSIEF: Paula van 7de Laan se baba