7de laan nuwe look - LEESNOU
Het jy gehoor?

7de Laan: Wie’s weg en wie bly?

“Dit was hoog tyd, nou kan ek doen wat ek graag wil doen,” sê Melanie du Bois oor haar rol as Felicity wat tot ’n einde gekom het in die sepie 7de Laan.

Christo Davids se Errol is ook uit. Corné Crouse (Kim), Masego Sehoole (Pulane) en Anelisa Phewa (Sifiso) gaan ook nie meer in die Laan te sien wees nie. Dit laat baie mense wonder of alles nog reg is by 7de Laan.

Of is die skip besig om te sink?

In die afgelope 15 maande het 14 akteurs die sepie verlaat. Tog is dié gebeure niks ongewoon in die sepie-genre nie.

Lucia Swart-Walters, redakteur van tvplus, sê: “Dit is heeltemal normaal vir akteurs om sepies te verlaat, veral as ’n groot karakter bedank, soos wat met Heino Schmitt gebeur het. Dit het uiteraard ’n hele uitkring-effek op die storielyn en kan ander akteurs wat eintlik al ’n geruime tyd reg is om hul vlerke te sprei, aanpor om werklik die stap te neem. Sepies, storielyne en dus akteurs gaan deur getye – soms ontwikkel ’n storie vinnig en soms vat dit maande. Wanneer akteurs bedank weens onregverdige behandeling of omdat hulle ongelukkig is, is dit gewoonlik duidelik. Dit is wat met die ou Generations gebeur het toe al die akteurs gestaak het.”

Met 7de Laan se 10de verjaardag was SARIE die eerste keuse om die spesiale mylpaal saam met die gewilde sepie te vier.

sarie_mei

Diaan Lawrenson, Heino Schmitt, Amalia Uys en Melanie du Bois was ikoniese, bekende en geliefde gesigte van 7de Laan. Nie een van die vier spelers is vandag nog te sien op televisie nie. Amalia was die eerste om te groet en verlede jaar het Heino ook besluit om iets nuuts met sy loopbaan te doen. Die idee van 7de Laan sonder Paula en Felicity was ondenkbaar, en met albei akteurs se vertrek het dit hoofopskrifte in die media gehaal.

Paula (Diaan Lawrenson) en Altus (Heino Schmitt) FOTO: 7de Laan

Paula (Diaan Lawrenson) en Altus (Heino Schmitt)
FOTO 7de Laan

Rosa-Mari Erasmus, woordvoerder van 7de Laan, sê oor die nuutste ontwikkelings: “Dit is vir ons hartseer om die geliefde karakters te verloor, maar soos hulle uitgaan, kom daar nuwe karakters. Karakters waarvoor kykers lief kan word. Dit skep geleentheid vir nuwe opwindende storielyne.”

Die-Welmans-570x393

Vinette Ebrahim (Charmaine), Ingrid Paulus (Vanessa) en Annelisa Weiland (Hilda) was in die oorspronklike rolverdeling en bly nog aan. Ander gevestigde karakters, soos Oubaas, Matrone, Aggie, Maria, Marko, Diederik, Vince, Bonita en Xander, maak seker 7de Laan se DNS bly nog herkenbaar. En die koms van die Welman-gesin beloof nog baie vermaak vorentoe.

Lees nou

32ste herdenking van rolprent Purple Rain

Bak soos Koekedore Mary Berry & Paul Hollywood