FOTO Willem Lourens
STILERING Magdel Muller
FOTO GENEEM BY Gelukkie

FOTO Willem Lourens STILERING Magdel Muller FOTO GENEEM BY Gelukkie

Het jy gehoor?

7de Laan se Bonita sing liedjies uit die hart

Sy’s bekend as Bonita van die Laan, maar deesdae word haar musiekvideo’s wyd oor die internet versprei. Konsert hou was nou altyd haar ding. ’n Performer van kleintyd af. En met haar eie TV-program Hilde se hartsklanke op VIA verken Hildegardt Whites opnuut die mense, plekke en emosies wat haar gevorm het.

Vir Hilde se hartsklanke het sy en die produksiespan verskeie dorpe in die Noord-Kaap en Weskus besoek en oral plaaslike musikante se hulp ingeroep.

“Baie van die dorpe het ’n rol gespeel in my kinderdae … van Nieuwoudtville, waar ek gebore is, tot Vryburg en Vanrhynsdorp, waar ek skoolgegaan het,” vertel sy in die Februarie-uitgawe van SARIE. “Op Vredendal het ons ons inkopies gedoen. Op Clanwilliam het ons oor naweke by die dam uitgespan. Ons was op Garies en Kakamas, waar van ons familie gewoon het.” En die klanke wat sy van kleintyd onthou, van bekfluitjies tot trekklaviere en kitare, word nou op haar album verewig.

“Dis vir my ’n riem onder die hart om te kan wys hoeveel talent daar in ons land se kleiner dorpe is. En hoe mooi ons land is – hoe goed ons mense. Ons bly regtig op ’n wonderlike plek.”

– Hildegardt Whites

Na afloop van elke week se episode op VIA word die musiekvideo van ’n liedjie wat sy gesing het, op afrikaans.com se webblad bekend gestel. En mense kan nie uitgepraat raak oor Hilde se sangstem nie.

Hier is drie van die video’s wat hartsnare roer. Kyk na die res HIER.

“Ek sien ’n nuwe hemel kom”

“Laaste dans”

“Drink ’n bietjie water”

Lees die volledige onderhoud met Hildegardt in die nuutste SARIE – sy gesels ook met ons oor haar huwelik, swangerskap en 7de Laan.

FEB 2017

Lees nou

Hildegardt Whites en die orrelis van Leliefontein

Hildegardt Whites ontmoet die stroopsoet stemme van Vanrhynsdorp

Hildegardt Whites en Vredendal se plaaslike blikslaner