FOTO 7de Laan

FOTO 7de Laan

Het jy gehoor?

7de Laner se wittebroodfoto’s

7de Laan-kykers ken die pragtige Carina Nel in die rol van jong dr. Alexa Welman. Onlangs het sy nog ’n rol aangepak, dié van getroude vrou. 

Carina en haar man, Deon Nagel, het op 21 Oktober voor vriende en familie getrou op Oakfield Farm in Krugersdorp.

“Dit voel nog onwerklik,” verduidelik Carina laggend oor die getroude lewe. “Dis lekker, maar dis ’n aanpassing. Al my goed moet nog getrek word. So ons is nog nie behoorlik Meneer en Mevrou nie.”

Carina en Deon het voor hul troue saam ’n huis gekoop. Manlief se huisgoed is reeds ingetrek, maar van hare moet nog getrek word.

“Miskien oor ’n week,” lag sy.

Vir Carina was die hoogtepunt van hul troudag om in die paadjie af te stap na Deon toe.

“Alles was slow motion. Hy het geglimlag en my asem was weg. Dit was só surreal.”

Die pasgetroudes het Sondag teruggekom van ’n heerlike wittebrood op Mauritius. “Ons was agt dae weg. Dit was ’n ongelooflike wittebrood. Alles was net mooi!”

Sy het spesiaal wittebroodfoto’s met SARIE.com gedeel.

FOTO Verskaf

FOTO Verskaf

FOTO Verkaf

FOTO Verskaf

FOTO Verskaf

FOTO Verskaf

FOTO Verskaf

FOTO Verskaf

FOTO Verskaf

FOTO Verskaf

FOTO Verskaf

FOTO Verskaf

FOTO Verskaf

FOTO Verskaf

FOTO Verskaf

FOTO Verskaf

FOTO Verskaf

FOTO Verskaf

FOTO Verskaf

FOTO Verskaf

FOTO Verskaf

FOTO Verskaf

FOTO Verskaf

FOTO Verskaf

FOTO Verskaf

FOTO Verskaf

FOTO Verskaf

FOTO Verskaf

FOTO Verskaf

FOTO Verskaf

Vir hul eerste Kersfees saam as pasgetroudes hoop Carina en Deon op ’n wit Kersfees. “Sy sussie het onlangs Frankryk toe verhuis. Ons hoop om genoeg geld bymekaar te skraap sodat ons vir haar kan gaan kuier,” lag sy.

Lees nou

Is dit prins Harry se meisie?

Jy’t nog nooit jou oogomlyner só gedra nie