Het jy gehoor?

7de Laan se hoof-haarstileerder verklap

Vir Morné is daar niks lekkerder as om ’n spoggerige “upstyle” vir iemand te beplan en uit te voer nie. Daarom het hy dit so geniet toe Paula (Diaan Lawrenson) getrou het. “Want dis lekker kreatief en dan kan jy iets anders doen as die gewone,” verduidelik hy.

Morné werk al twee jaar lank by 7de Laan en hy en sy assistent moet daagliks sorg dat elke akteur se hare mooi en reg lyk. Die gevolg is dat hulle ’n baie nou persoonlike band
 met die akteurs ontwikkel.

“Ek dink die oomblik dat jy aan iemand se gesig of hare vat, is dit
 so persoonlik dat hulle net voel hulle kan oopmaak teenoor jou. Daar ontstaan ’n groot vertrouensverhouding. So ons deel baie persoonlike goed met mekaar.

“Ek sê altyd dis soos ’n bieg-
hokkie in die kerk. Wat daar gesê word, bly net daar.”

Buie en trane is daar ook, maar dan raak hy baie streng, “soos juffrou Rottenmeier”, skerts hy.

“Maar ek kan ook my borsels gooi 
en my moment hê.”

Die mans is groter prima donnas 
as die vroue as dit by hul hare kom, vertel Morné laggend.

“Dis so by al die produksies waar 
ek werk. Kyk, ek en my assistent sny hul hare, maar baiekeer doen hulle die stilering en jel en sproei self, want daai kuif moet teen presies die regte helling lê, anders voel hulle nie reg
nie. Soms vat hulle langer as die meisies met lang hare.”

Voor 7de Laan het hy vier jaar lank by die TV-sepie Isidingo as haarstilis gewerk en voor dit was hy vryskut-stilis. Hy kan ook professionele grimering doen.

“Vir my is die lekkerste om die eindresultaat op TV te sien.”