Robert Bester in SARIE se Mei 2010-uitgawe 
FOTO Aubrey Johnson en Johan Wilke

Robert Bester in SARIE se Mei 2010-uitgawe FOTO Aubrey Johnson en Johan Wilke

Het jy gehoor?

7de Laan se Zac wil reis, weer toneelspeel

Eersdags verskyn Quinne Brown (Connie van der Lecq) op die SABC 2-sepie 7de Laan. En ons kan nie help om terug te dink aan die ander karakters soos Zac en Wilmien nie – die tyd op Griekeland en hul romanse. En dit klink of Zac, oftewel Robert Bester, weer wil toneelspeel en reis!

Thyme, sy agttienjarige seun, is eersdaags uit die huis.

“Ek wil dan my sakke pak en die wêreld platreis – ek het baie vriende waar ek wil gaan kuier. Kanada, Amerika, Asië,” vertel Robert Bester, deesdae voltyds model in Kaapstad.

Dis ’n nuwe fase in sy lewe. “My dogter, Sage (16), woon die afgelope vier jaar al by haar ma, Patricia, van wie ek vier jaar gelede geskei is, in Kanada.” Thyme gaan ná matriek so ’n paar maande model speel en daarna in Kanada vir ’n besigheidsgraad studeer.

En ja, Robert was die grootste deel van hul lewe huispa, want gesinstyd is vir hom belangrik. Maar hy is nie verpletter noudat hulle hul eie lewens gaan lei nie.

“Hulle bly my kinders, ek sal altyd vir hulle sorg, verantwoordelik vir hulle voel. Maar hy gaan net bietjie vlerke sprei. En gelukkig is ek nie een van daardie mense wat sukkel met my eie geselskap en wat vermaak hoef te word nie.”

Robert oorweeg dit ook om weer vir oudisies te gaan om moontlik weer in televisiereekse (dalk sepies!) of rolprente te speel.

“Ek het goeie herinneringe aan 7de Laan (waarin ek die karakter Zac teenoor Nina Swart se Wilmien vertolk het.) Toneelspel was ’n passie. Ek kyk terug na foto’s van daardie dae – dit was lekker. Maar ek het dit nooit gedoen om gewild te wees nie …”

Wilmien (Nina Swart) en Zac (Robert Bester) in Griekeland. SARIE was ook saam!  FOTO 7de Laan

Wilmien (Nina Swart) en Zac (Robert Bester) in Griekeland. SARIE was ook saam!
FOTO 7de Laan

FOTO Aubrey Johnson en Johan Wilke

George (Nico Panagio), Wilmien (Nina Swart) en Zac (Robert Bester) in 2010 vir SARIE se Mei-uitgawe. FOTO Aubrey Johnson en Johan Wilke

Sedert hy die sepie verlaat het, doen hy modelwerk. Dit wil gedoen wees op 49. “Miskien moet ek my pa, Pieter, bedank vir my goeie gene. Hy is op 83 nog op en wakker. Ek glo ook aan gesond leef en hou van hike, hou matigheid voor oë en besoek die gim saam met Thyme …” En ’n positiewe lewensingesteldheid bring jou ver, meen Robert.

Een van Robert se grootste prestasies is dat hy die mode-agent was wat sekerlik een van Suid-Afrika se grootste internasionale modelle, Katryn Kruger, in ’n winkelsentrum ontdek het. En kyk hoe het Katryn se loopbaan sedertdien vlamgevat – ons sien haar gesig gereeld op internasionale en plaaslike voorblaaie!

Modestorie uit SARIE Maart 2014 uitgawe. FOTO Francois Visser MODEL Katryn Kruger van Contact Models

Katryn Kruger vir SARIE Maart 2014-uitgawe. FOTO Francois Visser

Katryn Kruger in 'n SARIE 2013 mode storie. FOTO Caroline McClelland van Supernova

Katryn Kruger in ‘n SARIE 2013-modestorie. FOTO Caroline McClelland van Supernova

“Daar was net iets. Sy het soos ’n kindjie gelyk. Amper asof haar gesig nog nie heeltemal ontwikkel het nie – bietjie babavet, die gelaatstrekke so effe opmekaargedruk. Soos ’n klein dogtertjie. En almal vind mos ’n kleintjie se gesiggie te dierbaar, ek het geweet hier is iets wat kan werk. En toe ek met haar praat en haar mooi persoonlikheid sien, het ek besef sy is ’n baie goeie ambassadeur vir Suid-Afrika.’’

Wie weet, dalk is Robert eendag weer in die Laan?

Lees nou

Amor gesels oor 7de Laan

EKSKLUSIEF: Quinne terug by die Laan!

Voormalige 7de Laan-akteur Christo Davids gaan pa word