FOTO Instagram / @christodavids

FOTO Instagram / @christodavids

Het jy gehoor?

7de Laan-ster se baba is hier!

Die 7de laan-akteur Christo Davids se baba is uiteindelik hier! Christo, wat die rol van Errol in dié sepie vertolk het, en sy vrou, Cindy, se seun, Elijah Davids, is Saterdagoggend gebore. En ons kan nie wag om die baba te sien nie! Hy het die goeie nuus op sosiale media gedeel.

A photo posted by christodavids (@christodavids) on

Sedert Christo 7de Laan verlaat het, was hy veral op die verhoog besig as akteur én regisseur. Hy het verlede jaar onder meer die regie vir die eenvroustuk Woman Alone met Lee-Ann van Rooi behartig en is hiervoor benoem vir die Fleur du Cap-toekennings se gesogte Rosalie van der Gucht-prys vir nuwe regisseurs.

En klein Elijah het lekker baie maatjies om mee te speel! Dit was omtrent ’n besige jaar vir ons celebs. Kyk wie het ook babas gekry: Bobby van Jaarsveld, Bismarck du PlessisFrancois van CokeNeil PowellGavin EdwardsKurt Darren, Behati Prinsloo, Candice Swanepoel, Desiré Gardner, Elizma Theron, Sorina Erasmus.

Baie geluk, Christo en Cindy!

Lees nou

FOTO’S: Jay du Plessis se gesin brei uit

Angelique Gerber se baba is gebore

Kyk Springbok-rugbyspeler se oulike tweeling!