sr1209_7delaan_troue_13_
Het jy gehoor?

7de Laan-troue: Foto’s van episode 1

Ses weke voor die groot fees het ’n groot gewerskaf in die Laan losgebars. Net waar jy kyk, is stelle gebou, rokke gemaak, kapsels beplan, vergaderings gehou. Want hierdie is nie sommer net ’n so-so gebeurtenis nie, dis nie net nog ’n dag in die lewe van ’n sepie nie . . . Dis 7de Laan se grootste troue nóg!

Paula van der Lecq is een van die gewildste karakters in die sepie se geskiedenis en ná sewe jaar se aan en af, heen en weer, haak sy en haar Adonis, Altus de Bruyn, uiteindelik af. Op 10 September staan die twee voor die kansel – Paula in sekerlik die grootste trourok wat op TV gesien is sedert Diana in 1981 die prinses van Wallis geword het.

Colin Howard, ’n vervaardiger, sê hulle het geweet die kykers wag al lank hiervoor en dit moet gróót wees. Daarom het hulle sommer 50% meer begroot as vir enige ander 7de Laan-troue in die verlede. “Ons het ’n bietjie ge-splash,” sê Colin laggend.

SARIE was die enigste lid van die media wat op stel toegelaat is toe die groot gebeurtenis oor twee laaang dae by die 7de Laan-ateljee in Lonehill, Johannesburg, verfilm is. Dit word oor twee episodes, op 10 en 11 September, uitgesaai, “omdat dit so ontsettend groot is”, verduidelik Colin.

Maar hoewel dit vir kykers in net twee opwindende halfuur-episodes verby gaan wees, is daar weke en weke se werk, beplanning, swoeg en sweet, vreugde en trane, angs en drama, in hierdie skouspel in.

Lees in jou September-uitgawe meer of hou sarie.com dop vir nóg foto’s en meer oor die rok, die koek en die onthaal!


Hoe lank beplan 7de Laan al dat Paula en Altus trou?

Hoofvervaardiger Danie Odendaal sê dié troue is glad nie van die begin af beplan nie. “Dis die laaste ding waaraan ons ooit gedink het.

“Met sy blommetjie-hemde kom Altus nie eers vaagweg naby die droom-latte in Paula se swart boekie nie – Sven, Jean- Louis, Pyotr, Vladimir . . . Maar as ons ons oë weer uitvee, staan Paula in Altie se arms en staar na hom met haar bokkie-oë terwyl hulle liefdesdingetjies vir mekaar prewel. Dit maak nie saak wat die skrywers gedoen het om die twee uitmekaar te hou nie, hulle het maar altyd by mekaar uitgekom, selfs al moes Altus Caracas toe vlieg om haar te gaan soek.

“Uiteindelik moes ons maar tou opgooi en daarby berus dat Paula by daai kerkpaadjie afgesweef kom aan Oubaas se arm en die knoop finaal voor die kansel deurhak. Die liefde seëvier bo alle dinge.”

Paula in haar trourok, onwerp deur Vesselina PentchevaPaula en Oubaas

Diederik en AltusVesselina Pentcheva se ontwerpsketse van die trourok

Pieter en AnnelieSan-Mari, Annelie en Bonita

  • Elbe

    Ai dit was ‘n ou ligpuntjie gisteraand!!
    Sou net baie meer van die rok wou sien.
    Dis ‘n pragtige kleur en wie het dit regtig gemaak??

  • Dot Labuschagne

    Pragtige trourok en almal se klere soooo mooi.welgedaan en thumbs up baie vir die ontwerpersp

  • Annemarie BesterBurnett

    uiteindelik — is eie 2 saam — menig mense is al so vervelig met 7de laan – maar die getroue kyk bly maar "verslaaf" —Paula het stunning gelyk – en sy sal opsigself n asemrowende bruid maak — die troue – episode kon dalk net langer gewees het – om die hele omvang van dit te geniet — dankie

  • ELAINE JANSE VAN RENSBURG

    Hulle het so pragtig gelyk en die klere – so ongelooflik mooi dit was ‘n wonderlike episode

  • Riana Strauss

    BAAAIE MOOI!!!!!!!!!!!!!!
    Kleurvollle troue iets anders, tog vrolik!

  • Anet

    Dit is nou ‘n "Wow" trourok. Kate se rok was mooi maar nie "Wow" nie, Paula sin was. Wie ook al dit ontwerp het mag maar!

  • Jaun

    PRAGTIGE TROUE, DIE LAND WAG AL LANK HIERVOOR

  • Rienie Dickinson

    Ons het veels te min van die troue gesien!! Sou graag meer van die rok wou sien.
    Gita se storie kon maar vir ‘n volgende episode gewag het.!!!

  • Meisie Josote

    Het dit baie geniet stem saam met Elbe so graag meer van die rok wou sien. Paula het pragtig gelyk. Net jammer haar ouers was nie daar nie. Die stooimeisies se kleur is so mooi gewees. Selfs die gaste het pragtig gelyk. Dink nogal Hilda het ‘n mooi rokkie aangehad.

    Dankie vir ‘n great 7de laan mis dit vir niks.

  • Yolanda

    Paula jy is en was nog altyd die ster van 7de laan en pragtig….

  • Elizabeth Avenant

    Die rokke was baie mooi. Ek is mal oor die kleur van die trourok! Paula is so pragtig gebou maar sy’t "weggeraak" tussen die GROOT hooftooisel en die GROOT rok!! Daar’s net te veel rok en te veel net vir daai pragtige lyfie. Haar gesig het STUNNING gelyk!! Goed gedoen. Hoop ons sien darem meer van die rok vanaand!

  • DOROTHY

    ek kuier al twee maande by my seun in amerika en moet maar via my dogter uitvind wat aan gaan op my spesialste sepie! ag jinne ek is so bly hulle is uit eindelik getroud! MOET ASB NIE VIR MY SE DIE SEPIE STAAN EINDE SE KANT TOE NIE EK SAL DIT NIE KAN AANVAAR NIE (EK SAL HELP SKRYF AAN DIE SEPIE HOU HOM NET OP DIE TV!

  • Maritza

    So spyt my ma het dit gemis want sy is vroeër die jaar oorlede. Sy bid al jare dat Paula en Altie moes trou.

  • Apostle Dr. Shaine Griqua

    dankie Paula en Altus dit wa die troue van die eeu wow!!!!

  • Annatjie Holder

    Genade maar dit was opwindend ek het elke oomblik geniet. Die rokke was fantasmagories.
    Almal het goed gelyk maar die bruidsrok het die koek gevat ek wens ek kon daai rok vir my aanstaande skoondogter gebruik. Sal graag wil weet wie het dit ontwerp. Dit sal nogal ‘n baie mooi voorblad foto maak en ek weet van baie wat die boek sal koop.

  • Marga Mallo

    Die troue was absoluut die hoogtepunt van 7e Laan se bestaan en uitsonderlik aangebied wat AL die fasette daarvan betref. Ek wens net die hele episode was aan die troue afgestaan – Gita en Tim se dinge kon gewag het. Ek’s versot op 7e Laan want daar is nooit ‘n vervelige oomblik nie en die gebeure behels ‘n deurlopende en gelyktydige interessante verskeidenheid.

  • Marietjie Bruton

    Ek stem saam met almal se kommentaar hierbo! Dit was uitsonderlik goed gedoen, net te min. Ek wonder wat die kommentaar sal wees op my voorstel aan die ontwerper van Sanmarie en Annelie se roke. Ek sou Sanmarie se bo gedeelte van haar rok op Annelie se onderste gedeelte wou plaas en andersom. Dit sou vir my asemrowend wees. Dalk kan julle dit probeer met Photoshop, wie weet, dalk hou julle van my voorstel. Dankie Danie Odendaal en al jou helpers. 7DE LAAN IS FANTASMAGORIES!!! Groetnisse vir al die mede 7de laan kykers ;o)

  • Annatjie Conradie

    Al wat ek dink ek sou verander het as ek die bruid was is haar blomme ruikertjie…….Ek dink langsteelblomme met n strik of iets sou net baie mooier gepas het by haar Pragtige Trourok! Skoene was mooi hare was mooi als vir my behalwe die handruiker….Jammer
    ….

  • Mabeth Beighton

    Alles pragtig, wens net die hele episode het oor die troue gegaan.