Het jy gehoor?

7de Laan-troue: Partytjiefoto’s + als oor die ring

’n Peperduur kamma-ring …
Die 7de Laan-span was dit eens Paula moet ’n uitspattige ring hê. Die eindresultaat was’ndrie-karaat-
“diamant” geset in ’n blom-ontwerp. Die juwelier het ’n sirkoon pleks van ‘n diamant gebruik, maar wel regte platinum vir die blomblaartjies. Met ’n regte diamant sou so ’n ring maklik R600 000 gekos het, sê Mathilda Engelbrecht, hoof van garderobe.

Hulle wil nie verklap hoeveel die kamma-ring kos nie, maar aangesien regte platinum gebruik is, was dit peperduur. Om die waarheid te sê was die garderobe-span in die moeilikheid by die rekenmeesters,
lag Colin Howard, vervaardiger. “Dis sekerlik die duurste rekwisiete-ring in die geskiedenis!”

Die trouringe

Koekemakranka!
Paula se troukoek bestaan uit 9 lae (11 met die malvalekkers). Dis die trotse handewerk van Bennie Marais, rekwisiete-meester. “Ek het ’n maand en ’n half terug met die koek begin en elke dag byna drie uur daaraan gewerk.” Hy het nie regte koek gebruik nie, maar polistireen wat hy gesny,

geskaaf en met stokke en houtlym aanmekaargesit het, “totdat dit daardie lomp, skewe, kokaai Hilda-gevoel gehad het”. Elke rosie en blaartjie he hy self gemaak, die sjokolade-Kupido’s self gegiet en dit toe met torings malvalekkers afgerond.

Hilda by die troukoek

Die manne!

Felicity en Charmaine

Paula by die onthaalPaula en Altus op die dansbaan

RuikerDie tafels

VoorgeregTroufoto - Paula en Altus

  • Hilda Etchells

    Uitstekend!!!!! Het dit baie geniet …..

  • belinda parker

    Dit noem mens no n sprokie troue……… Pragtig!!!!! My droom troue… Ma nou ja!

  • Crystal Erskine

    Asemrowend!

  • Ilonka Swartz

    Dit was so ‘n pragtige troue en alles was so tipies "Paula". en ag die duur ring – die kan mos verkoop word, dan kry julle jul geldjies terug.

  • Ria Kruger

    Ai en toe mis ek alles……………..!

  • Ronel Maartens

    Ek was mal oor al die afwerkings en kon ek myself so met Paula vir eenselwig…behalwe al die mooi dekor was dit emosioneel inspirerend…en volmaak. Hierdie is dit tipe troue wat ek vir myself ook wil he…

  • Magda

    Ek is die 19 Mei in presie die rok en vere van Bonita getroud!!!!!

  • Elma Laing

    Uit die boonste gestoeltes soos oom Oubaas sou gese het. Alles was pragtig, van die strooimeisies se rokke tot by Paula se rok – eksie perfeksie. Felecity het ook pragtig gelyk, so ook Bonita met haar pragtige pers rok.

  • Ella

    Dankie vir die span se harde werk agter die skerms! Alles en almal was pragtig!

  • Jacky

    Die foto’s is pragtig, dis net jammer hier in Australia vang ons nie 7DE laan op nie. Ek mis so my ginteling sepie!!

  • samantha angula

    wens ek was daar! ag altie en paula…….. eendag as ek groot is, maak ek ook so

  • Wendy

    ek is mal oor die nuwe Paula – sy het ‘n sagte deernis en onskuld aan haar. Dit is perfek vasgevang in haar pragtige trourok en die gelatenheid oor die verskriklike koek … dit het ‘n sagtheid van haar gewys waaroor ek mal is!

  • Eilene

    Dit is so hartseer vir ons Namibiane, ons kan nie meer
    7 de Laan kyk nie. Maar nou ja sal maar ‘n brug bou
    en daar oor kom!!!

  • Elsie Jansen

    Dankie tog die 2 is uiteindelik getroud.Ek het al gevoel ek gryp hulle en trou hulle sommer myself!

  • Marisa

    Paula lyk ongelooflik mooi in daai rok…sy het n sagtheid aan haar. Sy lyk prentjie mooi. En Altie, ek Bly mal oor hom. Bly van verlede jaar in Kanada, maar lees elke week se episodes aanlyn, sodat ek ni te agter raak met die storie ni.

  • Daphne Hattingh

    Daphne Hattingh. Het ons nie lank gewag vir hiedie swierige troue nie? Het al die dames in hul pragtige rokke geniet. Ek en my man Dirk geniet 7de Laan vreeslik. . !!!!!!!!!!!!!!!!!!

  • Marinchia Malan

    Pragtige fotos, net jammer ons kan dit nie in New Zealand sien nie

  • Christine Marais

    Pragtig! Wys asb ook haar strooimeisies?

  • Erika

    Wow…ek het Binneland gelos om liewer 7de laan te kyk spesiaal vir die troue…..kon nie wag vir Sondagmiddag nie!

  • Yvonne Ackermann

    Uiteindelik het altie en paula bymekaar uitgekom en WAT ‘n troue. Die rokke was pragtig en die dekor

  • Elaine

    Prentjie mooi..Ek trou sommer weer met my man.

  • Shannon MacMavis

    Het ongelukkig die mooi troue gemis!! Sal maar kyk of ek die herhaling kan sien!Bly dat Paula en Altie UIEINDelik die knoop deurgehaak het.7de Laan kan altyd ‘n Charity ‘Áuction’ Event hou met al die mooi troues se rokke en ringe(ook Dezi se troue).Eks seker daar is ‘n hele paar bruide wat nie sal omgee om dit aanteskaf nie…!!!

  • Lizzie van Rensburg

    Mens hoef nie in wit te trou nie en hier is die mooi voorbeeld! Ek love die "rainbow" kleure van die strooi meisies wat nou 2012-2013 "in" is. Vreeslik mooi! Ek dink knap gedaan vir die akteurs maar seker die harde werk agter die skerms dit was so inspererend! Ek trou volgende jaar en wil nie graag n’ wit trou rok he nie en dit is nou vir my pragtig! Sal wel beslis n’ bladsy uit 7de laan se Paula en Altie se boek neem! Dankie en hou aan met die goeie werk