FOTO: Webtuiste  royaltysa

FOTO: Webtuiste royaltysa

Het jy gehoor?

7de Laan, Villa Rosa en Binneland: Wie sal bekroon word by Royalty Soapie Awards 2015?

Wat het 7de Laan, Villa Rosa en Binneland gemeen? Nie net hou hierdie sepies, met hul boeiende storielyne en komplekse karakters, ons vasgenael voor die kassie nie, maar al drie is benoem om by dié jaar se Royalty Soapie Awards bekroon te word.

Volgens die Royalty Soapie Awards se webtuiste poog hulle om die “kreatiwiteit, gehalte en uitnemendheid” van plaaslike sepie-produksies te bevorder. Dié glansgeleentheid vind op 28 Maart by Durban se Internasionale Konferensiesentrum plaas.

Uit dié drie is 7de Laan voor met 15 nominasies. Villa Rosa is vyf keer benoem en Binneland slegs een keer. Al drie is benoem as Gewildste Sepie van die Jaar.

Nóg benoemings

7de Laan se Theodore Jantjies (Xander Meintjies) en Zane Meas (Neville Meintjies) is albei benoem in die kategorie Beste Manlike Hoofrolspeler. Hul kollega Vinette Ebrahim (Charmaine Meintjies) is benoem in die kategorie Beste Vroulike Hoofrolspeler.

FOTO: 7de Laan

FOTO: 7de Laan

Villa Rosa se André Lötter (Liam le Roux) ding mee teen 7de Laan se Wilhelm van der Walt (Tyrone) om die titel van Beste Manlike Skurk.

Jo da Silva, beter bekend as 7de Laan se Gita McGregor, is saam met Therese Benadé, Villa Rosa se Astrid Wentzel, benoem as Beste Vroulike Skurk.

7de Laan se Kaz McFadden (Dewald) en Tessa Holloway (Sonja) is onderskeidelik as Beste Byspeler en Beste Nuweling benoem.

Lees HIER vir volledige lys van nominasies