FOTO: 
joemanganiello

FOTO: joemanganiello

Het jy gehoor?

8 dinge wat jy van Sofía Vergara en Joe Manganiello se troue móét weet

Een van Hollywood se mooiste glanspare, Sofía Vergara en Joe Manganiello, trou eerskomende naweek. Volgens E! News is dié feite oor die troue reeds bekend:

1. Die seremonie vind Sondag 22 November by die luukse Breakers Hotel in Palm Beach, Florida, plaas.

2. Dit gaan ’n groot affêre wees. Die Modern Family-aktrise vertel daar sal, soos gewoonlik by Latyns-Amerikaanse partytjies, tot laat fees gevier word. Hulle het sowat 350 gaste genooi, insluitend Sofía se Modern Family-kollegas.

3. Volgens Hello! lyk die uitnodiging so:

hello

4. Die 43-jarige brunet gaan heel moontlik ’n romantiese Mark Zunino-ontwerp dra, wat haar kenmerkende kurwes sal beklemtoon. Kenners meen haar aanstaande gaan op die groot dag ’n John Varvatos-pak dra.

Mark het onlangs dié foto op Instagram gedeel:

5. Sofía is nie skaam om haarself Bridezilla te noem nie, maar gelukkig is Joe meer ontspanne.

6. Sofía en Joe was byna ’n weglooppaartjie, maar haar familie het daarop aangedring dat hulle vir ’n tradisionele troue genooi moet word.

7. Dié akteurspaar is alewig aan die werk, daarom is ’n uitgerekte wittebrood nie ter sprake nie.

8. Joe het nog geen kinders nie, en Sofía sal nie “nee” sê as hy vra nie. Haar seun, Manolo, is 23 jaar oud.

Bronne: Hello! en E! News

Lees ook 

ZZZ

Lees hier vir meer inligting!