MOOD GS groente gesond kos
Het jy gehoor?

8 wenke om op jou kosmandjie te spaar

Die landwye droogte het ’n direkte invloed op jou beursie wat kospryse betref. Netwerk24 berig dat voedselpryse, veral dié van vars produkte, nog gaan styg.

Aartappels se prys het die afgelope jaar verdubbel en die verwagting is dat dit nog duurder gaan word.

Lees meer oor hoë voedselpryse op Netwerk24.

Rek jou rand met dié 8 wenke

1. Beplan jou spyskaart vooruit. Dan weet jy presies wat en hoeveel om te koop sodat jy nie teen die einde van die week ou kos moet weggooi nie.

2. Moenie honger winkels toe gaan nie – jy koop dan onnodige lekkernye wat jou begroting gaan seermaak.

3. Oorskiet is jou vriend. Wees kreatief en maak ’n heel nuwe maaltyd. Kyk byvoorbeeld na dié vier idees met oorskietham!

4. Vleisvrye Maandae hou die beursie gelukkig!

5. Kweek jou eie groente en kruie – onthou net om spaarsamig met jou water te wees!

6. Maak self kos vir werk. Ook kos by wegneemplekke gaan duurder word. In die nuwe SARIE KOS – ’n hele week se smaaklike inpak-eetgoed vir werk én skool.

7. Probeer een keer per week ’n koopvrye dag handhaaf – dit forseer jou om vooruit te beplan.

8. Hou winskopies van supermarkte dop. Daar is daagliks promosies en winskopies wat groot besparing beteken.

Lees ook