Het jy gehoor?

8ste Afrikaanse musiekfees in Gauteng

Daar wag ‘n groot makietie op die Oos-Rand. Skop jou lente af met Gauteng se oorspronkike Afrikaanse Musiekfees op 5 September 2009 in Carnival City se Big Top Arena wanneer Lefra Produksies hulle jaarlikse Afrikaanse Musiekfees op skouspelagtige wyse aanbied!

Soos vorige jare, is van jou gunsteling kunstenaars op een verhoog te sien: David Fourie, Gerhard Steyn, Gert van Tonder, Helene Bester, Manuel Escorcio, Elzante, Robbie Klay, Pieter Smith, Mathys Roets, Rina Hugo, MD Greyling, Shimmer, Stander, Romanz en Saarkie.

Vanjaar se aanbieders is Zack du Plessis en Lise Swart.

Besprekings vir die musiekfees, nou in sy agste jaar, kan gedoen word by Computicket. Skakel hulle by 011 340-8000 of besoek hulle webwerf by www.computicket.com.

Groepe van meer as 10 persone kry oudergewoonte ‘n lekker afslag deur vir Christa Coetzee te skakel by 011 815 3000 of 073 300 5525. Besoek ook www.lefra.co.za vir meer inligting. Jy kan ook ‘n epos stuur na info@lefra.co.za