Het jy gehoor?

8ste Afrikaanse musiekfees in Jozi

Op die 5de September is dit weer tyd vir ‘n groot Afrikaanse makietie. Meer as 17 top Afrikaanse kunstenaars sing saam op een verhoog en jy’s genooi!

David Fourie, Gerhard Steyn, Gert van Tonder, Helene Bester, Manuel Escorcio, Elzante, Robbie Klay, Pieter Smith, Mathys Roets, Rina Hugo, MD Greyling, Shimmer, Stander, Romanz en Saarkie is van die kunstenaars wat by Carnival City se Big Top Arena te sien sal wees. Die aanbieders is Zack du Plessis en Lise Swart.

Onthou! Vir die afgelope 7 jaar is hierdie fees uitverkoop, so bespreek nou!

Kry jou kaartjies by Computicket of skakel hulle by 011 340-8000. Groepe van meer as 10 persone kry oudergewoonte ‘n lekker afslag deur vir Christa Coetzee te skakel by 011 815 3000 of 073 300 5525. Besoek ook www.lefra.co.za vir meer inligting. Jy kan ook ‘n epos stuur na info@lefra.co.za