romanz4
Het jy gehoor?

8ste Afrikaanse Musiekfees in September

Skop jou lente af met Gauteng se oorspronklike Afrikaanse Musiekfees op 5 September 2009 in Carnival City se Big Top Arena wanneer Lefra Produksies hul jaarlikse skouspel aanbied!

Soos vorige jare gaan die room van die Afrikaanse musiekbedryf op die Oos-Rand toesak: David Fourie, Gerhard Steyn, Gert van Tonder, Helene Bester, Manuel Escorcio, Elzante, Robbie Klay, Pieter Smith, Mathys Roets, Rina Hugo, MD Greyling, Shimmer, Stander, Romanz en Saarkie is die kunstenaars wat op één verhoog te sien gaan wees.

Die Afrikaanse Musiekfees is uniek in die sin dat dit glad nie ‘n verskeidenheidskonsert is nie: die volle vertoning het ‘n teks en word deur celebs aangebied. Vanjaar se aanbieders is Zack du Plessis en Lise Swart.

Besprekings vir die musiekfees, nou in sy agtste jaar, by Computicket. Skakel hulle by 011 340 8000 of besoek hul webwerf by www.computicket.com. Groepe van meer as 10 kry oudergewoonte ‘n lekker afslag deur vir Christa Coetzee te skakel by 011 815 3000 of 073 300 5525. Besoek www.lefra.co.za vir meer inligting of stuur e-pos na info@lefra.co.za