donald-trump-01-435
Het jy gehoor?

Amal Clooney kap vir Trump!

Al volg jy nie die Amerikaanse presidentsverkiesing nie, sal jy weet die twee voorlopers in die wedloop om hul onderskeie partye se presidentskandidaat te word, is Hillary Clinton van die Demokrate en Donald Trump van die Republikeine. En hulle is albei honger vir dié titel.

Dinsdag het dié miljardêr die meeste Republikeinse stemme gekry in al vyf deelstate waarin verkiesings gehou is. Hillary het vier van die vyf deelstate se Demokratiese Party-stemme gewen. En so haar teenstander, Bernie Sanders, gemaklik geklop, berig die New York Times.

Met sy oorwinning het Trump gesê dat Hillary bloot wen oor sy ’n vrouekaart speel. Hillary het nie geskroom om kommentaar op sosiale media te lewer nie.

Dié uitlating van Donald teen Hillary het glo talle mense warm onder die kraag.

Die Britse prokureur Amal Clooney, wat ook die akteur George Clooney se vrou is, het die afgelope week in ’n onderhoud met BBC News gesê sy is net so verbaas oor Donald se gewildheid onder die kiesers.

SKERMGREEP: YouTube/BBC

SKERMGREEP: YouTube/BBC

“Ek dink nie hy gaan baie kiesers onder vroue werf nie, juis oor sy negatiewe opmerkings teenoor vroue,” het Amal gesê. “As ’n vroue-president hom op die ou einde wen, sal dit ’n duidelike boodskap vir hom wees oor wat die kiesers  presies van hom dink.”

Kyk laaste deel van die onderhoud hier


Dr. Mary Hames, direkteur van die eenheid vir geslagsgelykheid by die Universiteit van die Wes-Kaap, sê dis ’n “onregverdige uitlating” wat hy teenoor Hillary maak.

“Hillary het ’n groot aanhang onder feministe, maar sy is ook ’n sterk politieke kandidaat. Sy uitlating kan beslis ’n teken wees dat hy Hillary as ’n bedreiging sien,” het Hames aan SARIE.com gesê.

Volgens Hames is dit beslis tyd vir Amerika om ’n eerste vrouepresident te hê.

“Toe Obama die eerste swart Amerikaanse president geword het, het dit ’n impak op die wêreld gemaak. Hierdie stap sal ook so ’n groot impak hê.”

Lees nou

10 dinge wat jy nie van Donald Trump weet nie

Michelle Obama voer ’n onderhoud met Meryl Streep