dienatanieltafel
Het jy gehoor?

Aan tafel met Nataniël, en jy’s moontlik genooi

Vanaf 18 September om 7:30 nm. op kykNET sal jy kan ‘aansit’ by Die Nataniël Tafel‘n reeks van dertien episodes vol kos, leefstyl, bekendes, komedie en vermaak. En die beste nuus is dat jý deel kan wees van hierdie magic.

Skryf jou gunsteling lente- of somerresep (een resep per inskrywing)hier op sarie.com in en staan ‘n kans om as ‘n gas jou gereg saam met Nataniël, te berei tydens een van die dertien episodes!

So, diep nou daardie treffer uit jou kosleêrs en klik om in te skryf.

  • Dodi Botha

    Ag ek is maar bietjie dom met die tegnologie maar ek hoop iewers op ‘n manier kry Nataniel die boodskap. Ons woon in Hermanus, my man is ‘n sielkundige en ek is ingeteken op Sarie. Een van my hoogtepunte elke maand is KAALKOP. Kan nie wag om dit te lees nie. Ek lees dit ook hardop voor want my man geniet dit net so.Die laaste een oor die boelie was so "raak". Nataniel jy het net ‘n ongelooflike gawe om goed so te stel presies soos wat ons gewone mense dit dink maar nie altyd kan verwoord nie. Ek en my man mis ook nie een van jou vertonings nie. Ons ry Cultivaria toe agter jou aan en Kaap toe. Baie dankie vir JOU en jou talent. Ons waardeer en geniet jou geweldig baie. Dodi Botha van Hermanus

  • Nina Grundlingh

    Ek sê mos al lankal: Indien daar meer van Nataniël se kwaliteit en denke in Suid-Afrika was, sou ons land nie gewees het waar hy nou is nie. Nataniël maak ‘n plan waar daar ‘n probleem is. ‘n Praktiese plan.
    Ek woon in Pretoria en besoek graag sy winkel.
    Hy is ‘n inspirasie.

  • Tessa Smit

    Kan nie wag vir Die Nataniël Tafel nie. Ek voorspel dit gaan die mees populêre program op Kyknet wees in hierdie dekade en mense gaan aandring op nog!

  • Lizelle Van Wyk

    Ek bewe van opgewondenheid, want Nataniel is my koskoning!!
    Hy kook met passie, en dit is wat my roer!!