fireshot_capture_195_l_781865f1836042baac7b663b12a7ec2f_jpg_jpeg_image_600x598_pixels_scaled_84_c4_ac_images_myspacecdn_com_images02_48_l_781865f1836042baac7b663b12a7ec2f
Het jy gehoor?

Aanvallers dalk op Kurt Darren se plaas

Só berig Landbou-weekblad se webtuiste.

Volgens Darren het sy voorman 9 Junie 2010 omstreeks 23:30 wakker geword omdat sy honde geblaf het.

“Hy het ondersoek ingestel en drie mans gesien wat in die rigting van ons huis hardloop… Hy het hulle agterna gesit en nege skote op hulle afgevuur,” het Kurt gesê.

Darren, wat self ’n slagoffer van geweldsmisdaad was, is deel van die SHOUT-veldtog en hy sê misdaadslagoffers moet weet hulle word nie as stastistieke gesien nie.

In ‘n SARIE-onderhoud in April-2008 sê Kurt:

“Ek is bang vir misdaad. Ek is al twee keer beroof, in my eie bed, en ek slaap steeds nie te lekker nie. Ek is bang iemand na aan my kom dit ook oor. Ek het ‘n bietjie doodgegaan destyds – dit gebeur as sestien ouens met gewere om jou staan en jy lê vasgebind op die vloer in jou slaapbroek, met jou eie duvet oor jou kop. Misdaad maak my naar as mense oënskynlik immuun raak teen al die skokberigte.

Laai die SHOUT-liedjie teen misdaad af

SMS SHOUT na 33335 (SMS kos R2)

 

  • heila

    Hoe sleg is dit nie om alewig bang en beangs te voel in jou eie huis en in ou eie land nie……..

  • Annemarie

    Kurt my hart gaan vir jou uit. My kinders is in 2005 aangeval in ‘n sekuriteits kompleks in Pretoria, skoondogter is verkrag, seun was vasgebind en met ‘n duvet toegemaak terwyl hulle my skoondogter in die teenwoordigheid van my kleinkind toe nog nie eers 2jaar oud nie verkrag het. Daarna is vir my skoondogter gese om die kleinkind stil te hou anders skiet hulle hom, en dat dit haar nie sal help om vir hulp te skreeu nie want hulle het alreeds my seun in die anderkamer doodgeskiet. Dit het 5jaar gelede gebeur en ons as familie sal dit NOOIT kan vergeet nie, ons het VERGEWE, maar die vergeet is nie so maklik nie! Dankie vir dit wat jy en ander musikante vir die teen MISDAAD in SA doen! Pas jouself en Done baie mooi op hier bly siek mense in ons mooi land Suid Afrika!