Aardklop-2016-Logo-1024x683-2wy9tki1mx17ut70p6lta67fob0tsd2brhwz4b3j3eqhpqoni
Het jy gehoor?

Aardklop 2016: 5 produksies wat jy móét sien

Hoor jy hoe klop-klop dit vir die kuns? Vandag begin Aardklop en dit is tyd om jou feesskoene aan te trek en saam met Aardklop die kunste te vier – soos net dié fees kan!

Hier is 5 produksies wat jy gerus kan gaan kyk.

1. So ry Miss Daisy

Regie: Christiaan Olwagen / Met: Sandra Prinsloo en John Kani

FOTO Leana Clunies-Ross

FOTO Leana Clunies-Ross

Ná 31 jaar tree die teater-ikone Sandra Prinsloo en John Kani weer saam op in ’n produksie, So ry Miss Daisy. Die première van die Afrikaanse vertaling van die bekende Broadway-toneelstuk en Oscar-bekroonde rolprent Driving Miss Daisy is vanjaar by Aardklop.

So ry Miss Daisy ondersoek die verhouding tussen ʼn bejaarde vrou en haar chauffeur.

4 Oktober tot 8 Oktober / kykNET Gimmies / Koop kaartjies hier

2. My briljante egskeiding

Regie: Hennie van Greunen / Met: Anthea Thompson

FOTO: Willem Lourens

FOTO Willem Lourens

Dié wêreldtreffer maak sy buiging in Afrikaans. Dit was bietjie vreemd die dag toe Manie terugkeer van sy besigheidstrippie en hy begin sy tas in- en nie uitpak nie. En voordat Engela van Tonder-Strydom weet wat haar tref, hardloop hy tas en al af met die trappe, uit by die voordeur en uit Engela se lewe. Dis eers later dat sy hoor van Rosa, die jong kaktusbloeiseltjie wat Manie in Mexiko ontmoet het. Op sy besigheidstrippie. En aangesien hul dogter wil intrek by haar punk-rocker van ’n kêrel, los dit Engela alleen in die groot huis, saam met Julius die Sagmoedige, wat die eindproduk is van ’n kortstondige affair tussen ’n Duitse herdershondteef en ’n ambisieuse Ierse terriër. En dinge verander.

4 Oktober tot 8 Oktober / C6 Opvoedkunde Hoofsaal / Koop kaartjies hier.

*SARIE is die mediavennoot van My briljante egskeiding.

3. Beurtkrag

 Teks: Stiaan Smith / Met: Donnalee Roberts en Ivan Botha

Beurtkrag poster

Vir die afgelope paar jaar is Ivan Botha en Donnalee Roberts die silwerdoek se goue paartjie. Maar nou’s hulle reg vir ’n nuwe avontuur: ’n verhoogproduksie! Die storie gaan oor Jasper en Fransie wat saam in ’n woonstel intrek. Maar ’n kragonderbreking dwing die twee weg van tegnologie af en nader aan mekaar.

4 Oktober tot 8 Oktober / kykNET Gimmies / Koop kaartjies hier.

Kyk net hoe maak Ivan en Donnalee reg vir Aardklop:

 

#Beurtkrag roadtrip. Ons is oppad #Aardklop toe. Bespreek julle kaartjies by #computicket.

A photo posted by Ivan Botha (@ivanbotha17) on

4. Mathys Roets – 21 jaar

FOTO: Verskaf

FOTO Verskaf

Mathys Roets vier vanjaar sy 21ste jaar in die Suid-Afrikaanse vermaaklikheidsbedryf. Hierdie vertoning is ’n nostalgiese terugblik op sy sangloopbaan waar hy die storie vertel met die musiek en skrywers waarmee hy die pad as sanger geloop het.

6 Oktober tot 8 Oktober / Laerskool Moorivier Saal / Koop kaartjies hier.

5. Hartklop

Met: Joshua na die Reën, Gloria Bosman, Anna Davel, Timothy Moloi, Charl du Plessis, Churchill Naudé en Christo Davids.

FOTO Instagram / @joshuanadiereen

FOTO Instagram / @joshuanadiereen

Hartklop vier die beste van Suid Afrikaanse musiek oor alle grense en dekades heen. Vanaf die 70’s met Koos Doep, die 80’s en die Voëlvrybeweging, tot hedendaagse treffers van onder andere Mango Groove, Johnny Clegg en Koos Kombuis.

4 Oktober 2016 om 20:00 / Koop kaartjies hier.

Aardklop-Ad

Aardklop se nuwe slagspreuk is “Ons hart klop kuns.” Die fees is van 4-9 Oktober. Vir die volledige feesprogram klik hier.