AB en Danielle de Villiers
FOTO: Instagram  @danielledevilliers

AB en Danielle de Villiers FOTO: Instagram @danielledevilliers

Het jy gehoor?

AB de Villiers en sy Daniëlle is swanger!

Die Protea-krieketkaptein, AB de Villiers, se vrou is swanger. Daniëlle het op haar Instagram-blad foto’s van haar baba-magie gedeel. 

“Ek en my metgesel vir die naweek is veilig by die huis, nou kyk ons hoe Pappa sy ding doen op die TV,” het die onderskrif by dié foto gelui. AB speel tans in die IPL (Indian Premier League) wat 8 April in Indië begin het. Hy is die paaltjiewagter van die Royal Challengers Bangalore-span.

Daniëlle het sedert die begin van die toernooi getwiet sy wens sy was ook in Indië. Intussen rig sy die babakamer in. Sy kan nie glo hoe besig dit haar hou nie, en sê dit is groot pret.

Sy ondersteun steeds elke wedstryd van AB, al is dit op haar rusbank.

Lucky is having the kindest parents on earth, always willing to keep the bump and I company Lazy Saturday afternoon in! Dankie ma en pa!

A photo posted by Danielle de Villiers (@danielledevilliers) on

AB en Daniëlle is in 2013 getroud.

Lees ook: