FOTO:  Instagram

FOTO: Instagram

Het jy gehoor?

AB se vrou gesels oor die baba

Daniëlle de Villiers is vreeslik opgewonde oor hul bondeltjie vreugde wat op pad is. Sy gesels met SARIE.com oor haar makike swangerskap en die verlange na AB.

“Die babatjie het vinniger gekom as wat ons gedink het,” vertel Daniëlle. “Maar ons is baie bly en geseënd dat dit so gou gebeur het.” AB was ’n groot deel van haar swangerskap in die buiteland, eers met die Wêreldbeker-kriekettoernooi in Australië vroeër vanjaar, en nou is hy in Indië waar hy aan die IPL (Indian Premier League) deelneem as paaltjiewagter vir die Royal Challengers Bangalore-span.

Daniëlle is nou 29 weke swanger en hulle verwag die baba einde Julie of begin Augustus. “Ek verlang my dood na AB, hy het nog nie eens gevoel hoe die babatjie skop nie.” Sy het hom sewe weke gelede gesien. Gelukkig het sy ’n maklike swangerskap. “Ek dink dit is die maklikste swangerskap nog. Ek was glad nie siek nie en ek het glad nie cravings nie,” vertel sy.

Sy is baie opgewonde en begin solank die babakamer gereed kry. “Ek het die kamer al geverf en beplan om sterretjies en muurkuns teen die mure te sit.” Sy het ook al ’n kas laat verf en gordyne laat maak.

Hoewel sy nie die aap uit die mou wil laat oor die naam of geslag van die baba nie, vertel sy dat sy spesiaal linne laat maak het waarop die naam geborduur is. “Die bababed is baie spesiaal, want dit is dieselfde een waarin ek kleintyd geslaap het. My ouers het dit vir my gebêre,” vertel sy.

Sy was onlangs by ’n baba-ekspo en dit het haar ‘n bietjie oorweldig. “Ek kan nie glo hoe baie goed jy vir babas kry nie! Daar is so baie dinge waaraan ek nie gedink het nie!”

AB is net so opgewonde oor hul eersteling. Hy is op Moedersdag aangewys as Speler van die Wedstryd en het toe in sy toespraak hulde gebring aan sy ma en skoonma, asook aan Daniëlle wat binnekort ma word.

My date for the weekend and I are safely home and happily watching dad do his thing on TV @abdevilliers17

A photo posted by Danielle de Villiers (@danielledevilliers) on

AB en Daniëlle is in 2013 getroud.

Lees ook: 

Ons wonder of hul eersteling ook ’n kranige krieketspeler sal wees soos AB.

Dink jy AB en Daniëlle verwag ‘n seuntjie?

  • Ja
  • Nee