Het jy gehoor?

Adam Lambert die volgende Freddie Mercury?

As daar iemand is wat die skoene, of liewer die formidabele stem van die voormalige Queen-hoofsanger, Freddie Mercury, kan volstaan, is dit sekerlik Adam.

En hy’t dit Sondagaand tydens ‘n agt minuut lange vertoning saam met die res van die oorspronklike Queen-groep, Brian May en Roger Taylor, bewys. Hy het die gehoor van 8 000 en miljoene mense wat op TV en aanlyn ingeskakel het, met die Queen-treffers “The Show Must Go On”, “We Will Rock You” en “We Are the Champions” vermaak. 

Queen is vroeër die aand met die Global Icon-toekenning vereer.

Kyk ook uit vir Lambert se lang verwagte tweede album wat vroeg volgende jaar sal verskyn.

Dink jý Adam kan die volgende Freddie wees?


  • Ansa de Lange

    Verseker kan hierdie seun Freddie se skoene volstaan. Ek is ‘n ma van 3 tieners en moet julle se ek is mal oor Adam se musiek. Jy kan na elke liedjie van hom op sy CD luister. Amazing kunstenaar.