FOTO Instagram / @behatiprinsloo

FOTO Instagram / @behatiprinsloo

Het jy gehoor?

Adam en Behati wys vir Dusty

Verlede jaar September is sy gebore. Sedertdien het die wêreld nog nie eintlik vir Dusty Rose gesien nie. Maar gister het sy haar eerste openbare verskyning gemaak saam met sanger-pa, Adam Levine, en model-ma, Behati Prinsloo. Soos ons verwag het, is sy te skattig!

Die hoofsanger van Maroon 5 het gister sy ster op die Hollywood Walk of Fame ontvang. En sy Namibiese vrou, Behati, was saam met hul eersteling om hom te ondersteun.

In sy toespraak het hy vir sy vrou en gesin bedank.

“Ek het ’n dogtertjie, ek het die mooiste vrou in hele wêreld, ek is die gelukkigste man in die wêreld. Maar ek is nie die rede vir my eie geluk nie. Dit het als te doen met die mense wat vir my lief is. Ek is dankbaar vir elkeen van julle.”

Kyk net hoe oulik lyk Dusty Rose:

Adam is ook ’n afrigter op die Amerikaanse realiteitsreeks The Voice. Sy mede-afrigters Gwen Stefani en Blake Sheldon was ook by hierdie spesiale geleentheid.

Kyk die hoogtepunte hier:

Hier’s nog ’n oulike foto wat Behati op Instagram gedeel het.

My tiny little cabbage patch kid found the camera today LOL. @bootswallace thank you.

A photo posted by Behati Prinsloo Levine (@behatiprinsloo) on

Lees nou

Jak de Priester vier 15 jaar se sukses

Disney-naam gewild vir 2017 se babas

Mr. Darcy, is dit jy?!