FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Adam Levine ontmoet sy Namibiese skoonouers

Die sanger en The Voice-mentor Adam Levine het dié naweek vir die eerste keer aangesig tot aangesig sy toekomstige Namibiese skoonouers ontmoet.

Adam, wat in Julie die groot vraag aan die Namibiese model Behati Prinsloo gevra het, het dié naweek sy toekomstige skoonouers ontmoet. Adam het hulle wel oor die foon toestemming gevra om met Behati te trou, maar dit is die eerste keer wat hulle in persoon sal ontmoet.

Behati se pa, Boet Prinsloo, praat oor Adam Levine

Behati se ouers, Boet en Magda, het vir hul dogter en haar verloofde in Hollywood kom kuier. Sy het dié foto van haar ouers op haar Instagram-profiel gedeel met die onderskrif: “Die Prinsloo’s is hier”.

FOTO: Instagram

FOTO: Instagram

Dié verlowing in Julie het almal onkant gevang omdat Adam en Behati nie vir lank saam was voordat hy op sy knie gesak het nie. Hulle het in Mei verlede jaar begin uitgaan, maar het vanjaar in Maart opgebreek. In Junie het Adam nog vakansie saam met ’n ander model, Nina Agda, gehou. Adam en Behati het nét verenig, toe Adam besef dié langbeen Nambiër is die vrou vir hom.

Bron: Bang Showbiz