FOTO: Instagram / @grammys

FOTO: Instagram / @grammys

Het jy gehoor?

Adele: die rok waaroor die wêreld praat!

Daar is net één Adele. Uniek, beeldskoon en ’n stem wat enigiemand se knieë kan knak. Verlede jaar is haar derde album, 25, bekend gestel en dis steeds die nommer 1 op Billboard se 200 albums. Haar uitverkoopte wêreldtoer het 27 Februarie in Belfast, Ierland, afgeskop. Ná 105 konserte eindig die toer op 15 November in Mexikostad.

Sy dra net één rok op haar wêreldtoer!

’n Doelgemaakte (bespoke) Burberry-rok van swart satyn met geborduurde blompatrone in blinkers. Die Londense ontwerpershuis het die rok spesiaal vir die Grammy-wenner gemaak.

Die samewerking tussen die Britse sangsensasie en die ikoniese Britse modehuis Burberry is  ʼn “match made in heaven”. Die rok het soveel glinster en glans, selfs haar aanhangers met die goedkoopste kaartjie in die agterste rye sal die impak van dié noupassende rok kan sien.

En dis met hierdie één rok dat Adele in al 105 konserte gaan optree. Ander popsterre soos Beyoncé het tot agt kostuums per konsert en Jennifer Lopez  het al 11 uitrustings vir een konsert gehad.

Adele se transformasie

Haar gewone lang bruin hare is nou kort en aarbeiblond (strawberry blonde)Sy is veel slanker danksy haar nuwe vegetariese dieet en ’n oefenprogram wat oggendstappe saam met haar lewensmaat, Simon Konecki, en hul hond insluit.

Getrou aan haar uniekheid gaan dié rok geskiedenis maak.

Lees nou