AdeleRollingStone_Full
Het jy gehoor?

Adele maak geskiedenis met nuwe album, 25

Adele se derde album, 25, is vinnig op koers om die musiekgroep *NSYNC se verkope van No Strings Attached te onttroon as die album wat in ’n enkele week die meeste eksemplare verkoop het, berig The Guardian.

In 2000 het die voormalige musiekgroep, waarvan Justin Timberlake die hoofsanger was, se album binne sewe dae 2,4 miljoen eenhede in die VSA verkoop. Adele se 25 het op sy beurt binne drie dae ‘n verkoopsyfer van 2,3 miljoen bereik sedert dit op 20 November uitgereik is. Musiekkenners voorspel sowat 2,9 miljoen eenhede sal teen die einde van die week van die rakke af wees.

Adele is nie net suksesvol in die VSA nie, 25 sal heel moontlik ook in die Verenigde Koninkryk die rekords laat spat. Meer as ’n half miljoen eksemplare is reeds dié week daar verkoop.

Volgens The Guardian het die 27-jarige rooikop oor die belangrikheid van haar gesin en hul liefde vir mekaar gepraat. Sy sê haar kêrel, Simon Konecki, en hul eersteling, Angelo, is die rede waarom sy leef en die toekoms aanpak.

Adele en Simon is sedert 2011 saam en Angelo is die jaar daarna gebore.

Bronne: Entertainment Tonight en The Guardian

Lees ook

ZZZ

Lees hier vir meer inligting!