adele_getty_rz-570x695 (1)
Het jy gehoor?

Adele in trane – dís hoekom

Selfs die musikale sensasie Adele tref soms ’n vals akkoord. Maandag by die Grammy-toekennings het sy die gehoor verras met haar weergawe van haar liedjie “All I Ask” waarin sy van die noot af was. Die volgende dag was sy glo omtrent heeltyd in trane.

Kykers was verstom en die internet het omtrent gegons oor haar optrede by die Grammys. Adele was ná die tyd erg verleë en wou verduidelik waarom dit gebeur het.

In ’n twiet het sy gesê dat dit die gevolg van ’n klankprobleem was.

Sy het toe maar gegrap en gesê dit het haar ten minste ’n verskoning gegee om kitskos te eet. 

In ’n onderhoud met Ellen DeGeneres het dié 27-jarige erken dat sy die volgende dag in trane was. Sy het gelag en het gesê selfs al het sy ’n briljante uitvoering gehad, sou sy steeds die volgende dag in trane gewees het.

 Lees ook