AdeleRollingStone_Full
Het jy gehoor?

Adele praat oor haar gewig

Die sangeres Adele het onlangs in ’n onderhoud gesê sy is soms selfbewus oor haar gewig, berig Entertainment Tonight.

Ten spyte van haar multimiljoen-rand sukses en tientalle toekennings is sy ook maar net mens … Tog sê Adele sy laat nooit toe dat haar eie negatiewe gedagtes oor haar lyf haar lewe beïnvloed nie.

Sy verklap sy sukkel soms om ’n positiewe selfbeeld te handhaaf, maar in so ’n geval dink sy net aan soveel ander mense met erger probleme as sy. Adele glo deur perspektief te behou en objektief na jou probleme te kyk, verseker dit dat jou houding positief bly.

Individualiteit is vir haar belangrik en sy respekteer elke individu vir wie hulle is, nie hoe hulle lyk nie. “Hoekom sal almal dieselfde wil lyk?” het sy gevra in dié onderhoud.

Die hele wêreld hou hul asem op vir die bekendstelling van Adele se nuutste album, 25, op 20 November.

Twee van die enkelsnitte op dié album is reeds uitgereik, luister daarna hieronder:

Lees ook