FOTO: Gallo Images/ Getty Images

FOTO: Gallo Images/ Getty Images

Het jy gehoor?

Adele se seun kry ‘n prins se opvoeding

Klein Angelo is reeds op die waglys om by Eton-kollege,’n baie gesogte en eksklusiewe seunskool in Brittanje, skool te gaan. Dié skool het ongeveer 1 300 leerders met 135 personeellede. Verskeie staatslui, onder wie David Cameron, spog met Eton as hul alma mater. Hy is reeds die 19de Britse premier wat hier skoolgegaan het. Prins William en Harry het ook hul skoolloopbaan hier voltooi.

Adele

FOTO: Gallo Images / Getty Images

 

 

 

 

Angelo se pa, die sakeman Simon Konecki, wil glo hê sy seun moet ‘n soortgelyke opvoeding as sy eie hê. Maar dit klink asof Adele eerder wil hê Angelo moet in haar musiekvoetspore volg. Sy kyk reeds rond vir kleuterskole met goeie musiekgeriewe.Adele het glo ook die bekende televisie-goëlaar David Blaine gevra om by Angelo se eerste verjaardagpartytjie op te tree.

 

Bron: Bang Showbiz