FOTO Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Adele sing nou ’n ander deuntjie

Die oggend van ’n toekenningsgeleentheid begin reeds vroeg vir die meeste sterre. Dan begin ’n dag van regmaak en mooimaak vir die aand se glansgeleentheid.

Maar Adele sê sy word nie meer vasgevang in die glans van haar beroep nie. Sy het op die dag van die Grammy’s 06:00 opgestaan, maar dié keer om na haar nuwe seuntjie (wat Oktober verlede jaar gebore is) om te sien en nie om vroeg die haarkapper te besoek nie.  

“Ek is nie meer so gestres soos voorheen nie,” sê die Britse sangeres. “Wanneer jy ’n ma is, moet jy prioritiseer waaroor jy stres en bekommer.”

Sy sê ook haar lang-verwagte album ná die bekroonde 21-album vorder stadig. “Ek sing nou kinderrympies.”

Adele het ’n Grammy gewen vir beste solo vertoning. Sy tree ook 24 Februarie by die Oscars op.