FOTO Instagram /@adele

FOTO Instagram /@adele

Het jy gehoor?

Adele sing Spice Girls

“Spice up your life.” As dit van Adele afhang, sal sy bekend staan as die Spice Girls se gróótste aanhanger. Die Grammy-wenner het al in verskeie onderhoude erken dat dié 90’s-popgroep ’n groot impak op haar lewe en loopbaan gehad het.

Victoria bieg: My mikrofoon was af

Tydens haar wêreldtoer in haar ikoniese Burberry-rok het Adele ’n kort stukkie van Spice Girls se “Spice Up Your Life” gesing en die gehoor het byna hul varkies verloor. Die video van haar optrede, wat op sosiale media gedeel was, was só gewild dat van die Spice Girls dit sommer self ook gedeel het.

Kyk die video hier:

Op The Late Late Show with James Corden het Adele in die gewilde insetsel Carpool Karoake vir James vertel hoe sy dikwels op haar eie Spice Girls-opvoerings vir haar familie gehou het.

Kyk hoe lekker sing Adele ’n Spice Girls-liedjie:

Vier jaar gelede het Adele op die nuus-geselsprogram 60 Minutes vertel hoe sy haarself as kind leer sing het deur na die Spice Girls en die jazz-sanger Ella Fitzgerald te luister. Op 11-jarige ouderdom het sy dikwels ná skool vir 3 ure geoefen en saam met albums gesing.

Kyk die video hier.

Sy is nie al bekende wat ’n groot aanhanger van die Spice Girls is nie. Die Amerikaanse aktrise Emma Stone het op die Britse-geselsprogram The Graham Norton Show byna flou geval toe sy hoor die Spice Girls is ook op die program. Maar ongelukkig het Graham net ’n grap gemaak.

Kyk die snaakse insetsel hier:

Ons wonder hoe Adele sal reageer as sy wel die dag die Spice Girls ontmoet .

Lees nou

90’s-nostalgie: Onthou jy dié kuif?

Leandie help nou mense gewig verloor

Die mode-dilemmas wat niemand wil erken nie