FOTO: Gallo Images/ Getty Images

FOTO: Gallo Images/ Getty Images

Het jy gehoor?

Adele verskyn dalk binnekort in ’n fliek

Die sangeres Adele het onlangs haar eerste liedjie in drie jaar, “Hello”, uitgereik en die publiek kan nie genoeg daarvan kry nie! Nou klink dit asof sy haar lyf ook aktrise gaan hou, berig E Online.

Die musiekvideo van “Hello” is sedert dit op 22 Oktober op YouTube te sien is, al meer as 333 miljoen keer gekyk. Die regisseur daarvan, Xavier Dolan, probeer nou vir Adele oorreed om in sy volgende fliek, The Death and Life of John F. Donovan, te speel.

Volgens Vanity Fair is die onderhandelinge tussen Adele en Xavier nie oor musiek nie, maar beslis oor ’n rol in dié fliek.

Adele het aan Kiss fm vertel sy sal graag wil toneelspeel. Sy het ook gesê Xavier is ’n ongelooflike regisseur en sy sal graag weer saam met hom wil werk.

The Death and Life of John F. Donovan gaan oor ’n sukkelende akteur wat 11 jaar lank penvriende is met ’n ander akteur. Wanneer dié vriendskap in die media beland, bedreig dit al sy drome en sy loopbaan. Die Oscar-wenner Susan Sarandon, Game of Thrones-akteur Kit Harington en Jessica Chastain sal daarin te sien wees.

Bronne: E Online en Vanity Fair

Lees ook