adele_getty_rz
Het jy gehoor?

Adele wys uiteindelik haar baba

Ontmoet vir baba Angelo! Oftewel, dít is volgens mediaberigte dié kleinding se naam. Adele en haar kêrel, Simon Konecki, het nog nooit amptelik die baba se naam verklaar nie. Maar die tatoeëermerk van ‘n ‘A’ agter Adele oor het wel baie sin gemaak.

Adele het op die 25ste Junie saam met klein Angelo by die Central Park-dieretuin gekuier. Sy’t baie ontspanne gelyk.

Klik hier vir ‘n foto van baba Angelo

Op die Britse weergawe van Moedersdag het Adele getwiet:
“Happy mamas day to all of us! This is my first one! Never been happier :) xx”

Nou, ja! Sy lyk werklik gelukkiger as ooit!