Het jy gehoor?

Afri-Frans op nasionale toer, Herman by Cederbergfees, Nataniël in Pretoria – als dié naweek!

Gisteraand was die afskop van SARIE se Afri-Frans landwye toer in Potchefstroom. Die vertoning was uitverkoop en die show is met ‘n staande ovasie toegejuig. Mathys Roets, Laurika Rauch, Anna-Mart en die res van die span het saam met my in Oak Lodge tuisgegaan en almal is dit eens dat die gastehuis beslis een van Potch se bes bewaarde geheime is. Na gisteraand se show is ons bederf met ‘n glasie merlot, oxtail, lamsbredie en soetpampoen.
 
Vanoggend was niemand lus vir terug ry Johannesburg toe nie. Ons kuier toe verder rondom die ontbyt-tafel met vuurwarm croissants, terwyl Laurika en Myra Maud bietjie laat gelê het. En ja, as jy gewonder het hoekom Myra so ‘n fyne Franse lyfie het, terwyl ons weglê aan die bredie, eet sy slaai en toe ek vanoggend al by my tweede croissant trek, was sy by papaja en druiwe.

Só lyk jou SARIE-naweek, kom kuier vir ons!

  • Vrydag (20 April) kuier SARIE se kosredakteur, Herman Lensing en Anna Davel by die Cederbergfees in Clainwilliam.
  • En Saterdag kuier ons saam met Nataniël by die Jacarandafees.
  • Afri-Frans show ook Saterdagaand in Pretoria en Sondagaand in Johannesburg. Kom teken-in of hernu jou SARIE by die shows en jy kry ‘n geskenk van SARIE.