sr1104kknk_aankondiging00
Het jy gehoor?

Afri-Spaans se KKNK-openingsaand ‘n reuse sukses

Marta Gómez, die juweel van die produksie wat al ons mooiste Afrikaanse musiek omtower in Spaans, het asembenemend gelyk in haar rok ontwerp deur Gerrit Pienaar. Sy en Anna Davel het soos engele gesing en ‘n welverdiende staande toejuiging ná afloop van die vertoning ontvang.

Steve Hofmeyr, wat ook in Afri-Spaans te sien is, was sy sjarmante self. Hy het sy treffer “Pampoen” in Spaans gesing terwyl hy deur die gehoor gestap het en selfs op ‘n paar gelukkige meisies se skote gaan sit het! Dit was egter toe hy “Basemo Mucho” sing dat daar nie ‘n vrou in die gehoor in haar sitplek was nie.

Janine van der Vyver, Steve se meisie, was ook daar en hulle lyk baie verlief en gelukkig.

Daar is nog twee vertonings by die KKNK wat nie uitverkoop is nie, so as jy gou spring, kan jy dalk nog ‘n kaartjie kry!

 

Kyk ook dié agter-die-skerms-video van gisteraand se vertoning

Lees ook:

Die brein agter Afri-Frans, en nou ook Afri-Spaans

Afri-Spaans se Marta Gómez

Kyk wat doen SARIE by die KKNK

Sandra Prinsloo vertel hoekom sy nie op die wal kan sit nie

  • Retha Jordaan

    Ek is SO teleurgesteld dat Afri-Spaans nie in Potchefstroom ‘n vertoning het nie! Wat is die rede? Afri-Frans was dan uitverkoop hier.