Lupita by die BAFTA-toekennings FOTO: Karwai Tang / WireImage

Het jy gehoor?

Vroue van Afrika maak ons trots op internasionale verhoë

Vroue met hul wortels diep in Afrika wys vir almal regoor die wêreld waarvan ons gemaak is – van advokaat Thuli Madonsela se stryd vir geregtigheid tot rolprentsterre …

SA se Thuli Madonsela op Time se lys

Haar moed om op te staan vir wat reg is, die regering aan te spreek en korrupsie oop te vlek, het gesorg dat Thuli Madonsela Time se lys van die wêreld se 100 mees invloedryke mense gehaal het.

Die top 3 op vanjaar se lys van leiers is Mary Barra, hoof van General Motors in Amerika, Amerikaanse politikus John Kerry en Vladimir Putin van Rusland.

Advokaat Thuli Madonsela by vanjaar se opening van die parlement FOTO: Twitter

Advokaat Thuli Madonsela by vanjaar se opening van die parlement
FOTO: Twitter

Die vorige Suid-Afrikaner wat dié eer ontvang het, was Oscar Pistorius in 2012. Ander Suid-Afrikaners wat ook al Time se erkenning ontvang het was Nelson Mandela, Neill Blomkamp (regisseur van District 9), Jacob Zuma, Thabo Mbeki, Cyril Ramaphosa, Barbara Hogan (politikus), William Kentridge (kunstenaar) en Jacques Rossouw (mediese dokter).

Lupita Nyong’O – van Oscars tot wêreld se mooiste

12 years a slave se Oscar-bekroonde ster is in Meksiko gebore, maar het in Kenia groot geword.

FOTO: Todd Wawrychuk / ©A.M.P.A.S

FOTO: Todd Wawrychuk / ©A.M.P.A.S

Vir Lupita is dié ’n groot jaar – nie net is sy onlangs aangewys as die skoonheidshuis Lancôme se nuwe gesig nie, sy is ook vroeër die week deur People aangewys as die mooiste vrou in die wêreld.

Lupita op die voorblad van People

Lupita op die voorblad van People

Nóg Suid-Afrikaners in die internasionale filmwêreld

Janet van Eeden, ’n dosent in draaiboekskryf, se kortfilm is benoem om deel te neem aan vanjaar se Cannes-rolprentfees. Sy het self die fliek, A shot at the big time geskryf én vervaardig. Dit gaan oor haar broer wat onder vreemde omstandighede tydens die grensoorlog oorlede is.

Janet by die skrywer Joe Eszterhas FOTO: Twitter

Janet by die skrywer Joe Eszterhas
FOTO: Twitter

Die Suid-Afrikaanse aktrise Casey B Dolan, tans saam met Louw Venter te sien in die rolprent Konfetti, het ook onlangs internasionale erkenning gekry. Casey is by die Julien Dubuque-rolprentfees in Iowa in Amerika benoem as beste aktrise vir haar spel as Sheryl in Konfetti. Die toekenningseremonie vind die naweek plaas.

Kyk HIER na die lokprent van Konfetti

Die aktrise Casey B Dolan FOTO: Twitter

Die aktrise Casey B Dolan
FOTO: Twitter

WATTER SUID-AFRIKAANSE VROUE MAAK JOU TROTS? Lewer kommentaar hier of op SARIE se Facebook– of Twitter-blad.