FOTO: Triggerfish Productions

FOTO: Triggerfish Productions

Flieks

Afrikaanse akteurs vir Khumba gekies

Van die bekendste en gewildste Afrikaanse stemkunstenaars gaan die stemme van die diere-karakters in die plaaslike tekenprent Khumba speel…

Dít is ‘n film waarop Suid-Afrikaners kan trots wees. Khumba is die tweede animasieprent wat deur die Kaapse Triggerfish Animasie-ateljee vervaardig is. Nie net is bekende Hollywood-sterre soos Liam Neeson (Taken), Laurence Fishburne (The Matrix) en AnnaSophia Robb (Soul Surfer) se stemme in dié film nie, dit het ook al verskeie internasionale pryse gewen.

En nou gaan dié film ook in Afrikaans uitgegee word!

3D-tekenprent van Suid-Afrika onder wêreld se bestes

Dié Afrikaanse weergawe bevat stemme van welbekende Afrikaanse akteurs. Bettie Kemp (Dagbreek) behartig die regie van dié weergawe.

Die jong akteur en komediant Hannes Brümmer – die sebra Khumba

Aktrise Rika Sennet – Khumba se ma

Elzabé Zietsman - die ou, eensame skaap

Frank Opperman, Orkney snork nie seOuboet- ‘n springbokkie saam met Frans Swart en André Stolz

Francios Stemmet, veteraan stemkunstenaar – die is die stem van die booswig Phango. Francois is veral bekend vir sy stem as Sarel die Seemonster in Wielie Walie.

Afrikaanse musikant en akteur Lochner de Kock - die meerkat-pa

 Rina Nienaber – baba-meerkat

Die radiopersoonlikheid Derrich Gardner – die haas

“Ek is só opgewonde om hulle almal saam te sien en te hoor, en ek is seker daarvan hulle gaan ‘n nuwe vlak van geloofwaardigheid en humor in die fliek inbring,” het die regisseur, Anthoney Silverston, gesê. “Ek is ook baie opgewonde dat die Triggerfish-span in hulle eie taal die fliek sal kan kyk!”

Waaroor gaan Khumba?

‘n Sebra sonder al sy strepe word blameer vir die droogte in sy omgewing. Hy verlaat dan sy “huis” om die wonder-watergat te soek waar sebras glo hul strepe kry. Langs die pad ontmoet hy ‘n oorbeskermende wildebees en ‘n selfbehepte volstruis wat vir ‘n onvergeetlike reis deur die Groot-Karoo sorg – in die hoop dat hy iewers sy strepe sal opspoor.

Dié fliek begin 25 Oktober in Suid-Afrikaanse rolprentteaters wys. Kyk die lokprent hier: