T.T. Cloete

T.T. Cloete

Het jy gehoor?

Afrikaanse digter T.T. Cloete sterf op 91

Die Afrikaanse digter T.T. Cloete is vanoggend in die MooiMed-hospitaal in Potchefstroom in die ouderdom van 91 oorlede. Hy is Sondag in die hospitaal opgeneem en het aan natuurlike oorsake gesterf, berig OFM.

Hy was een van Afrikaans se mees bekroonde digters. Hy was getroud met Anna van Zijl, wat op 2 Mei 2007 oorlede is. Hulle het vyf kinders, ses kleinkinders en een agterkleinkind.

“God die digter”

daar is meer poësie in die sneeuvlokkie
as in die letterkunde en baie meer poësie
in die miskruier in die toktokkie
in die meteorologie en entomologie
in die moremis en in die bergpiek
die horison wat in die hemel wegraak
in die rooswolk is daar baie meer liriek
die aarde is deur ʼn digter gemaak

Bronne: OFM en Wikipedia