Ivan Botha en Donnalee Roberts - Koop kaartjies
Het jy gehoor?

Afrikaanse fliek is nommer een

Die nuwe Afrikaanse fliek Pad na jou hart het op Valentynsdag by rolprentteaters landwyd begin draai en het reeds rekords laat spat!

Die fliek het die afgelope naweek met sy opening reeds R3,1 miljoen verdien. Dit beteken dat 71 000 rolprentgangers dit die naweek gaan kyk het en bring Pad na jou hart te staan in die topposisie by plaaslike kaartjieskantore.

FOTO’S: Die Kaapstadse première van Pad na jou hart

Dit is glo die grootste openingsnaweek nog vir ’n Afrikaanse fliek en het rolprente soos Liefling, Platteland en Semi-Soet se rekords oortref.

Donnalee Roberts in die Afrikaanse romantiese avontuur-fliek, Pad na jou hart. FOTO: verskaf

Donnalee Roberts in die Afrikaanse romantiese avontuur-fliek Pad na jou hart. FOTO: verskaf

Dié fliek, geskryf en vervaardig deur Ivan Botha en Donnalee Roberts, word bestempel as ’n romantiese avontuur-fliek. Dit gaan oor Basson (Ivan Botha), ’n sakeman van Sandton, en die boheemse swerwermeisie Amoré (Donnalee Roberts), wat albei op pad is Kaapstad toe. Wanneer die twee besluit om die pad sáám te stap, spat die vonke.

Eksklusiewe agter-die-skerms-video’s van Pad na jou hart

Pad na jou hart POSTERTot dusver het die fliek goeie resensies gekry en die sosiale media in Suid-Afrika wemel van positiewe terugvoer oor Donnalee en Ivan se eerste fliek saam. Danie Bester het Pad na jou hart saam met hulle vervaardig en Jaco Smit is die regisseur.

Pad na jou hart se première in Johannesburg

Pad na jou hart word tans landwyd by rolprentteaters vertoon.

 

HET JY PAD NA JOU HART AL GAAN KYK? VERTEL ONS WAT JY DAARVAN DINK. Los kommentaar onderaan dié artikel of deel dit met ons op ons Facebook- of Twitter-blad!