Het jy gehoor?

Afrikaanse fliek wen internasionale prys #TrotsSA

Suid-Afrikaanse filmmakers weet hoe om kykers te bekoor. En dít is gister wéér bevestig toe die romantiese komedie Jimmy in pienk ’n internasionale toekenning in Amerika losgeslaan het.

Dié Afrikaanse fliek, met Louw Venter en Tinarie van Wyk Loots in die hoofrolle, is gisteraand by die toekenningsaand van die Beloit International Film Festival (BIFFY) in Chicago as die beste vollengte-prent bekroon.

Tinarie gesels met SARIE.com

Dié fliek gaan oor ’n skaapboer, Jimmy, wat Kaapstad toe gaan om die kuns van haarstilering by sy oom te leer. Waarom? Daar is prysgeld op die spel en dít is broodnodig om die familieplaas se oorlewing te verseker.

Regisseur Hanneke Schutte gesels oor fliek-maak

Hanneke Schutte ontvang Jimmy in pienk se toekenning vir beste vollengteprent by die BIFFY-toekennings in Chicago  FOTO: Facebook

Hanneke Schutte ontvang Jimmy in pienk se toekenning vir beste vollengteprent by die BIFFY-toekennings in Chicago
FOTO: Facebook

Hanneke Schutte, die fliek se regisseur én mede-skrywer, het die toekenning in Chicago ontvang. Meer as 100 rolprentmakers van regoor die wêreld het dié jaarlikse geleentheid bygewoon.

Hollywood-akteur in Hanneke Schutte se kortfliek

Kyk hier na ’n video van Hanneke Schutte by die BIFFY-toekennings

Kyk ook hier na die lokprent van Jimmy in pienk